Monday 15 October 2012

“Stop thinking of what could go wrong, and start thinking of what could go right…” ~ Anonymous


Haloes! :)

“Stop thinking of what could go wrong, and start thinking of what could go right…”  ~ Anonymous

1 John 5:14-15

And this is our confidence, that if we pray according to His will, He will hear us, and give us what we ask for, because our desires are in agreement with His thoughts for us…

Psalm 46:1

God is our refuge and strength, a very present help in trouble…

“I don't think of all the misery, but of the beauty that still remains.” ― Anne Frank, The Diary of a Young Girl

“Don't measure the size of the mountain; talk to the One who can move it.” ― Max Lucado

Is jy ‘n denker of ‘n doener?  Wat bedoel ek met dit?  As jy enigsins soos ek is, dink jy 100 keer aan elke moontlike uitkoms, en dan “doen” jy, wanneer jy dit klaar uitgeredeneer het…  As jy ‘n doener is, doen jy, en dan sal jy later aan die gevolge dink…  Die wêreld met sy geweld, moord, hartseer, pyn en ongelukkigheid, maak baie keer van doeners, ook denkers…  Dat ons te bang raak om voluit te lewe, want WAT AS…  Wat as ek die verkeerde besluit maak?  Wat as ek die verkeerde rigting inslaan, die verkeerde huweliksmaat kies, die verkeerde vriende het of verkeerde dinge gaan doen as gevolg van my besluit?  Elke saak het 2 uitkomste – ‘n positiewe ene, of ‘n negatiewe ene…  Hoekom is dit so dat ons 99% van die tyd slegs aan die negatiewe uitkoms dink, eerder as om die positiewe moontlikhede raak te sien?  Ons sien ‘n berg, eerder as om aan die uitsig te dink wanneer ons bo kom?

Anne Frank se aanhaling is hierbo vir my ook sommer raakvat!  As daar nou iemand wat op ‘n hopie kon sit en huil, dan was dit defnitief hulle…  Dink daaraan – jy, as jong kind, moet wegkruip van Nazi’s, wat jou in ‘n konsentrasiekamp sou gooi indien hulle jou sou vind…  Jou kinderjare van fietsry, hardloop, buite speel en lag, word alles in ‘n oogwink weggeneem, en jy moet soos ‘n grootmens die dinge hanteer wat met jou gebeur…  Tog sê sy in die aanhaling – fokus sy op die skoonheid wat steeds daar is…  Ek weet dat dit makliker gesê is as gedaan!  Om vir ander mense positief te wees, en moed in te praat, is ALTYD maklik…  Want mens glo makliker goeie dinge vir ander mense as vir jouself…  MAAR – ek glo, dat indien ons die goeie dinge vir onsself begin glo, lewens omgedraai en wêrelde verander sal word!  Moenie dat VREES vir ‘n onbekende, gaan maak dat jy net die donker raaksien, eerder as AL die nuwe geleenthede wat op jou wag nie…  God het ‘n plan, en Hy wil GOEIE goed vir jou hê!  Bid die seën van Jabes DAAGLIKS oor jou lewe, en SPREEK goeie dinge!  Sê nou al vir God dankie vir wat Hy GAAN doen, en SAL doen in jou lewe!  Leef in geloof, en vertrou dat al die goeie en mooi dinge wat jy vir ander mense glo – vir jou ook so sal wees…  Jesus het jou oneindig baie lief!

Blessings!

Anelli**




No comments: