Monday 29 October 2012

“Challenge your limits don’t limit your challenges…” – Juan de Jongh

Haloes! :)
 
“Challenge your limits don’t limit your challenges…” – Juan de Jongh

Ekodus 16:4-5

“Die Here sê toe vir Moses: “Ek gaan vir julle kos van bo af gee…  Die volk moet dit elke dag bymekaarmaak…  Dit sal vir My wys dat hulle bereid is om te leef soos Ek wil hê…  Hulle moet gereed maak om elke keer op die sesde dag twee keer meer huis toe te bring as wat hulle normaalweg elke dag bymekaarmaak…”

James 4:6-10

“But he gives more grace. Therefore it says, “God opposes the proud, but gives grace to the humble.” Submit yourselves therefore to God. Resist the devil, and he will flee from you. Draw near to God, and he will draw near to you. Cleanse your hands, you sinners, and purify your hearts, you double-minded.  Be wretched and mourn and weep. Let your laughter be turned to mourning and your joy to gloom. Humble yourselves before the Lord, and he will exalt you…”

“You don't develop courage by being happy in your relationships everyday. You develop it by surviving difficult times and challenging adversity…” ~ Epicurus

A positive attitude is not going to save you. What it's going to do is, everyday, between now and the day you die, whether that's a short time from now or a long time from now, that every day, you're going to actually live…” ~ Elizabeth Edwards

Die wonderwerk van Manna uit die Hemel is vir my een van die ongelooflikste wonderwerke wat God ooit gedoen het…  As jy die hele storie weer in konteks wil lees – gaan lees bietjie Eksodus 16…  Die Here het die Israeliete uit Egipte gelei, waar hulle deur die Farao onderdruk was…  Terwyl hulle deur die woestyn getrek het, het hulle by Moses begin kla oor hoe honger hulle was…  Die Here het dit raakgesien en vir Moses gesê dat hy vir die Israeliete kos in die vorm van Manna sal voorsien…  Hy het belowe om hulle elke dag genoeg kos te gee, wat die Israeliete net daagliks moes optel…  God het egter beveel dat hulle niks van die kos moes probeer oorhou vir die volgende dag nie…  Hy het belowe dat daar elke dag genoeg sou wees, maar op die 6e dag, sou Hy dubbel soveel kos gee sodat daar genoeg vir die Sabbat / rusdag sou wees…  Die Israeliete het nie geluister nie, en op die eerste dag, kos probeer optel vir die 2e dag ook…  Die Here het goggas gestuur om daardie kos te infiltreer, en dit het sleg geruik…

Hoekom skryf ek hierdie laaang agtergrond vir jou?  WANT, God sorg steeds daagliks vir ons…  Hy voorsien ons ELKE dag van genade en krag wat ons nodig het om deur daardie spesifieke dag te kom…  Hy stuur ook vir ons blessings oor ons pad – wat ons somtyds as vanselfsprekend aanvaar…  Ons probeer baie keer staatmaak op die krag wat ons vandag ontvang het om van dit vir môre te bêre…  Maak ons dan nie soos die Israeliete wat nie op God vertrou het, dat Hy sal sorg vir die dag van more nie?  Ons worry so baie, en vergeet dat God eintlik vir ons daar is…  Om ons te ondersteun, en om ons battles vir ons te fight…  Al wat ons hoef te doen, is om ons oe oop te maak en die nuwe dag aan te gryp, en God se hand te vat…  Klink te maklik??  Dit is so maklik…  Wanneer die duiwel weer allerhande stories in jou kop wil prop van dinge wat nie gaan uitwerk nie, of dat jy nie goed genoeg is vir alles wat jou kant toe kom nie – se hom sommer REGUIT – VOERTSEK Satan – my God is in beheer…  As die Here dit kon laat brood reen het vir die Israeliete, kan Hy vir jou uitkoms bring vir jou situasie…  God is in beheer…  Gee Hom net die stuurwiel, en skuif bietjie oor na die passasierskant…

Blessings!

Anelli**

No comments: