Tuesday 30 October 2012

“Feed your fears and your faith will starve. Feed your faith, and your fears will.” ― Max Lucado

Haloes! J

“Feed your fears and your faith will starve. Feed your faith, and your fears will.” ― Max Lucado

Psalms 111:10

The fear of the LORD is the beginning of wisdom; all those who practice it have a good understanding. His praise endures forever!

Proverbs 12:25

Anxiety in a man’s heart weighs him down, but a good word makes him glad.

Faith activates God - Fear activates the Enemy… ~ Joel Osteen

“No person [should] walk out into the world to begin the day until he or she has stood beneath the cross to receive God’s love.” ― Max Lucado

Ek wil graag vandag ‘n spesiale gedagteki doen, na aanleiding van Hurricane Sandy…  Ek dink nie een van ons het ‘n idee waardeur daardie mense op hierdie oomblik gaan nie…  Ek’t net die hooftrekke van die Hurricane en storm gesien, en ek’t nie regtig woorde om te beskryf wat daar aan die gebeur is nie…  Mense wat vrees vir hul lewens, mense wie hul lewens verloor het, huise sonder elektrisiteit, huise onder vloedwater, huise wat deur vuur in puin gelê is…  Hospitale wat ontruim moes word aangesien die “back-up generators aangegaan het, en daarna doodgegaan het as gevolg van verspoelings…  Hulle beweer dat dit die ergste storm is wat nog ooit plaasgevind het…   Met ’n storm soos hierdie, het dit my laat dink aan Noag se Ark…  Nie soseer die sondevloed nie, maar die feit dat God vir Noag, sy familie, en al die diere bewaar het deur daardie storm…  Dit opsigself was ook ’n wonderwerk…  40 dae en 40 nagte se water wat geval het, en deur God se behoedende en bewarende hand, het Hy hulle lewend gehou…  Verder het Hy by wyse van ’n reënboog vir Noag en sy nageslag belowe het dat daar nooit weer so baie water sou val nie…  Dat Hy ’n getroue God is… Elke keer wanneer ek ’n reënboog sien, word ek herinner aan “nuwe hoop”…

Ek weet nie of jy dalk voel asof jou lewe tans deur ‘n “hurricane” omver gewerp word nie…  Dat waar jy kyk, jy net vure moet doodslaan, of water moet opvee…  In hierdie tye – hoe moeilik ookal – maak tyd vir God…  Wanneer ons, ons geloof voed, SAL ons weer NUWE HOOP kry…  God sal ons harte kom rustig maak, wanneer ons geloof op HOM gevestig is, en nie op die probleme  wat ons probeer onderkry nie…  Wanneer jy weer vandag teneergedruk voel, sonder hoop, of sonder lewenskrag – fokus op God…  Die reënboog sal ALTYD kom na die storm…  God het dit al vir Noag belowe…  Kom ons bid vir die mense in Amerika wat tans in vrees leef…  Waar baie van hulle dalk nog nie eens die Here ken nie, en dalk nie eens ’n geleentheid sal he, indien hul lewens geneem gaan word nie…   Tree in vir hulle by God…  As Christene, kan ons ’n verskil maak om saam te bid…  En wanneer mens vir ander bid, het God somtyds ’n manier om op vreemde wyses dinge vir jou te laat uitwerk…  Jou situasie sal in plek val…  Soos God sorg vir kos vir die voëls en reën vir die plante, sal God sorg dat jy van jou “daaglikse brood” (alles wat jy benodig) voorsien sal word!

Groot blessings vir jou!

Anelli**

Gebed vir Amerika:  Here Jesus, Ons kom voor U vandag om elke persoon in Amerika voor U voete neer te lê…  Ons bid vir die wat nog nie gered is van hul huise; die wat dalk alles verloor het in die storm; die wat geliefdes verloor het; die wat net totaal sonder hoop sit op die oomblik…  Ons bid vir mense in hospitale, mense in “hurricane shelters”…  Ons bid ook vir alle Suid-Afrikaners wat tans in New York en omliggende dele werk…  Ons bid dat U hulle veilig sal bewaar, en dat U hulle sal veilig terugbring huis toe…  Ons vra dat al hierdie dinge binne U wil sal geskied…  In Jesus Naam…  Amen

Gebedsversoeke op my blog:

1.  Ek wil vra dat julle asb saam met my vir my niggie en haar man sal bid wat al vir 8 jaar probeer swanger raak.  Dokters raadop, maar ek glo dat met gebed is alles moontlik....

2.  Ek wil asseblief vra dat ons vir my niggie sal bid. Die kanker het reeds deur haar hele liggaam versprei. Ek wil net graag he ons moet bid vir haar familie en vir haar deur hierdie moeilike tyd waardeur hulle gaan. Haar dogter is nou in graad 12 en ek bid vir haar om deur haar eksamens te kom en sterk te bly!

No comments: