Thursday 11 October 2012

The best and most beautiful things in this world cannot be seen or even heard, but must be felt with the heart… - Helen Keller


Haloes! J

The best and most beautiful things in this world cannot be seen or even heard, but must be felt with the heart… - Helen Keller

Numbers 6:24-26

“‘“The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you and be gracious to you;  the Lord turn his face toward you and give you peace...”

Hier is 'n storie wat iemand aan my gestuur het wat ek graag vandag wil deel...  Ek dink daar lê vir ons elkeen 'n boodskap hierin opgesluit...

“Sy naam was Billy. Hy het woeste hare, dra 'n T-hemp met gate in, jeans en geen skoene gehad nie.   Dit was letterlik sy hele klerekas vir sy hele vier jaar op kollege.  Hy was briljant en baie slim.  Hy het 'n gelowige  geword terwyl hy op kollege was. Oorkant die straat van die kollege kampus was 'n baie netjiese en baie konserwatiewe kerk. Hulle wou 'n bediening begin vir die kollege studente maar het nie regtig geweet hoe om dit te begin en hoe om dit uit te voer nie. Een dag het Billy besluit om die diens in die kerk te gaan bywoon. Hy stap kaalvoet by die kerk in met sy gewone T-hemp, jeans en Wilde hare. Die diens het reeds begin en Billy het in die paadjie afgestap opsoek na sitplek in die kerk.  Die kerk was vol gepak en daar was nie 'n enkele sitplek beskikbaar nie. Van die gemeentelede het al redelik ongemaklik gelyk as gevolg van die student maar niemand het ‘n woord gesê nie.  Billy was oppad al nader en nader en nader aan die preekstoel en toe hy besef dat daar geen sitplek beskikbaar was nie het hy homself tuisgemaak op die mat voor die preekstoel. Teen die tyd was die gemeentelede alreeds baie opgetrek oor die situasie en die atmosfeer was al so dik dat jy dit met 'n mes kon sny.

Op daardie stadium het die prediker besef dat een van die ouderlinge, van heel agter in die kerk, oppad was na Billy. Die ouderling was reeds in sy tagtigs, het silwer-grys hare en het 'n drie stuk pak aangehad.  'n Godvresende man, baie elegant, statig en hoflik. Hy het gestap met 'n kierie en terwyl hy sy weg gebaan het na die jongman het elkeen aan hulself gesê dat hulle nie die ouderling kon kwalik neem vir dit wat hy van plan was om te doen nie. Dit het die ouderling 'n lang ruk geneem om uiteindelik die jongman te bereik. Hoe kan jy verwag van 'n man van sy jare en agtergrond om 'n jong student wat op die mat sit te verstaan? Die kerk was doodstil behalwe vir die geklik van die ouderling se kierie op die vloer. Alle oë was vasgenael op hom en die gemeentelede het skaars asem gehaal.  Die prediker kon nie eens aangaan met die preek totdat die ouderling gedoen het wat hy moes doen nie. Toe die ouderling by die jongman kom het hy sy kierie op die mat langs die jongman laat val. Met groot moeite het hy afgesak en het langs Billy gaan sit, sy skoene en kouse uitgetrek en was hy gereed om saam met die jongman  te aanbid, sodat die jongman nie alleen sou wees nie.
Die hele gemeente het gevoel hoe die emosies in hul opwel. Toe die prediker uiteindelik beheer oor sy eie emosies kon kry, sê hy: "Wat ek vandag gaan preek, sal julle nooit onthou nie. Wat julle so pas gesien het, sal julle nooit vergeet nie."  "Wees versigtig hoe jy leef. Jy mag dalk die enigste Bybel wees wat sommige mense ooit sal lees…"

Ek dink die storie spreek vir homself…  Ons het elke dag die geleentheid om Jesus se hande en voete op hierdie aarde te wees…  JOU lewe, mag dalk die enigste Bybel wees wat ander mense lees!  Dis nogals erg om dit te dink - want nie een van ons is perfek, of leef elke dag sonder foute nie…  Inteendeel…  Ek dink dis juis wat dit SO ongelooflik maak!  Jesus het elke een van ons uitgekies vir Sy Koninkryk – nie omdat ons nie foute het nie – maar JUIS omdat Hy vir daardie einste foute vir ons aan ‘n Houtkruis vasgespyker is…  Nog iets wat vir my uitstaan in hierdie storie, is dat Jesus jou aanvaar NES jy is…  En jy kan na Hom kom met jou gebede – NES jy is…  Jy hoef nie ‘n teoloog te wees, of in die bediening te staan om met Jesus te kan kommunikeer nie…  Hy het vir ELKEEN van ons tyd – en nie per afspraak nie – NET WANNEER JY TYD HET VIR HOM!!!  Jesus wil jou ook gebruik – NES jy is, FOUTE en AL om ‘n verskil te maak in die Koninkryk…  Deur net jou elke dag voluit te lewe, en te getuig wanneer Hy dinge in jou lewe doen!  Ek glo dat daar baie keer moeilikheid oor jou pad kom, sodat jy dit kan gebruik om ANDER weer te bemoedig en te inspireer, dat hulle sal kan weet dat hulle NOOIT alleen is nie…  Dat Jesus JOU deur moeilike dinge gehelp het, en dus ook vir hulle sal kan help...  Want Jesus het ons almal EWE lief!  Ek wil vanoggend vir jou wat sukkel, ‘n stukkie uit Psalm 91 gee…  Psalm 91:4&7: He will cover you with his feathers, and under his wings you will find refuge; his faithfulness will be your shield and rampart. A thousand may fall at your side, ten thousand at your right hand, but it will not come near you…

Mag jy ‘n heerlike dag hê!

Blessings!

Anelli**

No comments: