Wednesday 10 October 2012

“FEAR is an acronym in the English language for "False Evidence Appearing Real" ~ Neale Donald Walsch quotes


Haloes! J

“FEAR is an acronym in the English language for "False Evidence Appearing Real" ~ Neale Donald Walsch quotes                         

Matteus 21:21-22

"Daarop antwoord Jesus hulle: "Dit verseker Ek julle...  As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat ek aan die vyeboom gedoen het...  Meer nog, julle sal vir hierdie berg kan sê, 'Lig jou op en val in die see!' en dit sal gebeur...  As julle glo, sal julle ontvang wat julle in gebed vra..."

Markus 9:22-24

"As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons...  'As U iets kan doen, sê jy,' antwoord Jesus...  'Vir die een wat glo, kan alles...'  'Ek glo," roep die seun se pa dadelik uit...  'Help my waar ek nog ongelowig is..."

"What can people actually do to us?  They can stain our reputations, but God fully knows all hearts...  They can stand in the way of opportunity, but God opens doors that no man can close...  They can steal our earthly goods, but God is our treasure...  They can restrict our physical freedom, but God's spirit is unchained...  They can hinder or take our jobs, but God is our Provider...  They can kill our body, but they cannot touch our souls...  So the next time we feel threatened by someone's words or ways, let us resist the fear of people by remembering 2 truths:
     1.  The person that stands before us, is human
     2.  The one that stands behind us, is God    ¬ Alicia Britt Chole (Sitting in God's sunshine)

Hoe cool is dit nie?!  God staan agter jou - maak nie saak wat nie!  Hy sal jou back - 24/7!  Die enigste persoon op wie jy 150% kan staatmaak in hierdie lewe, is God...  Geen mens nie, want mense is feilbaar...  God is soos ons skaduwee...  Hy is altyd aan ons Sy...  As dit partykeer bewolk is, of donker nag, kan jy nie altyd die skaduwee sien nie, maar jy weet dat sodra die lig reg val sal die skaduwee steeds daar wees...  God is die enigste persoon wat VOW om na jou om  te sien, vir jou daar te wees, jou skouer te wees waarop jy kan huil, jou ROTS kan wees waar jy met vertroue op kan staan en staatmaak vir solank soos jy lewe en wanneer jy by Hom in die Hemel gaan wees…

Mens kan hierdie beeld ook deurtrek na fisiese lig en donker tye...  Wanneer dinge goed gaan, is dit soos wanneer die son op sy helderste skyn...  Ons het 'n huppel in ons stap, en ons weet God stap saam met ons...  Maar wanneer die moeilike tye slaan - raak dit as't ware donker in ons eie lewens...  In daardie tye, wat mens nie jou skaduwee sien nie, kan dit dalk vir ons voel asof God ons verlaat het...  Die belangrikste dan om te onthou, is dat die onweerswolke nie vir ewig sal aanhou nie...  Die son SAL weer skyn!  En na lang periodes reën, wanneer die son weer skyn, stuur God gewoonlik 'n reënboog...  Om ons van Sy trou en Sy liefde en Sy belofte, dat Hy ons nooit sal verlaat nie, te herinner...  Onthou, al kan jy nie jou skaduwee sien nie (dus, al voel jy alleen, en dit voel nie of jy God se werking in jou lewe sien nie), beteken dit nie dat Hy nie daar is nie...  Dis juis wanneer mens nie vir God voel of ervaar nie, wanneer hy besig is om sy grootste werk in jou lewe te doen!!!  Hy is die EEN iemand wat jou NOOIT in die steek sal laat nie, en wat ook NOOIT sal opgee op jou nie...  Daarvoor het Hy jou te lief...  Onthou dit vandag...

blessings!

anelli**

No comments: