Sunday 14 October 2012

“It is often in the darkest skies that we see the brightest stars.” ― Richard Evans


Haloes! :)

“It is often in the darkest skies that we see the brightest stars.” ― Richard Evans

Psalm 91:15-16

“He shall call upon Me, and I will answer him…  I will be with him in trouble, I will deliver him and honour him…  With a long life will I satisfy him and show him My salvation…”

Psalm 84:10-12 [die Boodskap]

“Die Here God wys vir on swat ons moet doen en beskerm ons in gevaar…  Hy gee vir ons dinge wat ons nie verdien nie…  As ons doen wat Hom gelukkig maak, sal Hy vir ons gee wat ons nodig het…”

“I read about an experiment that attempted to measure the power of attitude in rats…  The researchers wanted to see how the rats’ attitudes affected their will to live…  They put one rat in a large tub of water with high sides so it could not get out…  Then they put the tub in a dark room…  They timed how long the rat would keep swimming before it gave up…  The rat lasted a little over three minutes…  Then the researchers put another rat in the same tub, but this time allowed a bright ray of light to shine into the room…  That rat swam more than 36 hours, 700 times longer than the rat with no light…  Why was that?  The rat with no light, had no hope…  When he looked ahead he saw only darkness…”  ~ Quoted from “IT’s your time ~ Joel Osteen”

Elke seisoen het in sy eie reg iets wat eie is aan hom…  God het elke seisoen geskep met ongelooflike skoonheid…  Ek dink aan herfs vanoggend…  Die bome wat ons as “groen” ken in die lente en somer, se blare neem skielik ‘n totale ander kleur aan…  Rooi, roesbruin, bruin,sommige selfs oranje…  Die bome verloor dan hierdie pragtige kleure, net om heeltemal gestroop in die winter te staan…  Maar sodra die winter verby is, dra die boom weer nuwe blare – so groen soos gras, so asof die boom nooit die wintermaande gesien het nie…  Hoekom haal ek vir jou ‘n stuk oor rotte aan, en skryf ek oor die seisoensveranderinge?  Want, liewe vriend en vriendin, ons lewens kan met beide hierdie situasies assosieer…  Ons lewe gaan self deur seisoene,  net soos die natuur dit ervaar…  Ons kan dalk die pragtigste dinge of drome in ons lewens hê, net vir die “winter” om toe te slaan en ons van ALLES te stroop…  Dat ons alles verloor wat vir ons spesiaal was, in ‘n oogwink…  Sonder dat ons daarop voorbereid was, of sonder dat ons ‘n “plan B” in plek gehad het…  En die winter  hou somtyds baie langer aan as wat ons sou hoop! 

Soos die rotte in die eksperiment, dink ek voel baie van ons soos rot 1 partykeer…  Jy is omring deur duisternis, donkerte…  Maak nie saak waar jy kyk of hoe hard jy probeer nie – daar is nie ‘n ligstraaltjie van ‘n dag oud wat na jou kant toe kom nie… Dis doodloopstraat, op doodloopstraat...  MAAR, omdat ons WEET dat Jesus aan die Kruis vir ons sondes gesterf het, SAL daar ALTYD LIG na die donkerte kom!  Selfs al voel dit vir ons of dit baie langer donker bly as wat dit moet…  Jesus het vir ons belowe, om ons NOOIT, maar NOOIT alleen te los, of te “abandon” nie…  Hy is die lig wat ALTYD Sy verskyning sal maak…  Jy kan soos rot nommer 2 WEET – Jesus leef…  Jy kan ELKE dag Hoop hê, omdat jy vir Jesus het!  Hy sal dinge laat uitwerk soos dit moet…  Somtyds hou die winter langer aan, om die opgaardamme voller te maak as voorbereiding, vir die warm somer wat mag voorlê…  God sal nie dinge om dowe neuter in jou lewe toelaat nie…  Hy is besig met voorbereidings in jou lewe, vir dit wat op jou wag...  Als sal saamwerk om uiteindelik Sy plan vir jou lewe te volbring!  Mag jy Jesus se liefde, genade, vrede en HOOP, vandag ten opsigte van elke aspek van jou lewe ervaar!

Blessings!

Anelli**

No comments: