Thursday 18 October 2012

“I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear…” ― Nelson Mandela


Haloes! :)

“I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear…” ― Nelson Mandela

1 Chronicles 28:20

David also said to Solomon his son, "Be strong and courageous, and do the work. Do not be afraid or discouraged, for the LORD God, my God, is with you. He will not fail you or forsake you until all the work for the service of the temple of the LORD is finished

1 John 4:18

There is no fear in love. But perfect love drives out fear, because fear has to do with punishment. The one who fears is not made perfect in love

Will you hug that college degree in the walnut frame? Will you ask to be carried to the garage so you can sit in your car? Will you find comfort in rereading your financial statement? Of course not. What will matter then will be people. If relationships will matter most then, shouldn't they matter most now?”  ― Max Lucado

“No one can do everything, but everyone can do something” ― Max Lucado

Iets wat ek die afgelope jaar by my Hollandse kollegas geleer het, is om meer op die man af (oftewel – meer reguit) te wees…  En nie op ‘n lelike manier nie – net op ‘n ferm manier, jou man te staan…  Iets wat ons as Suid-Afrikaners baie aan skuldig is, is dat ons nie sommer sal opstaan en rimpels op die water veroorsaak nie…  Ons sal dalk ongelukkig voel oor iets, maar omdat ons te “nice” mense is, sal ons maar “stilbly is ook ‘n antwoord kaart” speel…  Dis iets wat regtig vir my moeilik was, en mense het baie misbruik gemaak daarvan  Baie het sommer op my getrap, en ekt dit net toegelaat…  Ek sê weer – ons doen dit nie bewustelik nie, ons doen dit omdat ons “nice” is, en mense wil help…

Tog, wanneer daar tydens moeilike sake gevra word vir mense om op te staan vir dit waarin hulle glo – kies baie van ons om met die meerderheid saam te gaan…  Ons wil nie moeilikheid maak, of moeilikheid veroorsaak nie…  Soos in die hoërskool, net nadat jy tot leerlingraadslid verkies is…  Jou vriende is dalk van daardie mense wat dwelms op die skoolgrond gebruik / versprei…  Maar jy kan mos niks sê nie, want hulle is jou vriende?  Of jy is dalk bevorder tot jou droompos, maar jy vind uit dat daar onetiese dinge plaasvind…  Is jou pos belangriker as die regte dinge om te geskied?   Hou die water eerder stil…  Moenie onnodige “waves” maak nie…  As kind van God het elkeen van ons ‘n verantwoordelikheid…  Om te praat wanneer dit nodig is…  Om op te staan vir dit wat reg is…  Indien jy weet van ongeruimdhede wat plaasvind  by die skool, of by die werk, verhoudings, vriendskappe, huishoudings; kerk ens, en jy bly stil – is jy net so skuldig soos die wat verkeerd doen!  Ons moet opstaan, as Christelike broers en susters, en sorg dat ons optrede, vir Jesus op hierdie aarde weerspieël…  God sal in jou hart sit wanneer Hy nodig het dat jy Sy hande en voete sal wees…  Jy sal in jou hart weet wanneer daardie stemmetjie praat… En wanneer jy opstaan vir wat reg is, sal God jou nie alleen laat nie!  Hy sal sorg dat dit wat jou toekom, jou kant toe kom!  Hy sal die regverdige nie vir die wolwe gooi nie…  God sal jou beloon vir jou integriteit, en eerlikheid…  EN mense sal jou ken as iemand wat opstaan vir dit wat reg is…  Dis hoekom God ons op hierdie aarde gesit het – om die verskil in die deurmekaar wêreld te wees…

Blessings!

Anelli**

No comments: