Wednesday 24 October 2012

“A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour…” ~ Anonymous


haloes! J

“A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour…”  ~ Anonymous

Hebreërs 10:36

"Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het..." 

 1 Chronicles 4:10

Jabez cried out to the God of Israel, “Oh, that you would bless me and enlarge my territory! Let your hand be with me, and keep me from harm so that I will be free from pain.” And God granted his request.

"As jy nie die hele pad wil aandurf nie, waarom hoegenaamd wegtrek?"  ¬ John Namath

"Jy sal dalk 'n geveg twee maal moet veg om dit te wen..."  ¬ Margaret Thatcher

Ek LOVE hierdie quote van Margaret Thatcher...  Die lewe het 'n manier om ompaaie met ons te loop, en op daardie ompaaie, BAIE "curveballs" na jou kant toe te gooi...  Ons sal baie ongelukkige mense wees indien ons heeltyd alles wat oor ons pad kom bevraagteken, of heeltyd ontevrede en ongelukkig wees indien dinge nie gaan soos wat ons dit beplan het nie...  Want – uit ondervinding kan ek sê – dinge gaan baie keer, baie anders as wat jy dit beplan het…  John Namath het net so ‘n groot waarheid beet!  Dink gou as jy om die blok wil gaan stap…  As jy nie voel dat jy dit in jou het om die hele pad te kan stap nie of nie lus is vir die afstand nie, dink ek nie jy gaan eers begin nie…  Wat egter baie keer in ons lewens gebeur, is dat ons die staptog onderneem, en daar dan onvoorsiene dinge op ons pad gebeur…  Ek’t op ‘n dag gaan draf in Stellenbosch…  Nog nie eens kwart pad op my roete nie, hardloop ‘n hond uit sy baas se erf, en byt my been – nerf af…  Ek was in soveel pyn met ‘n stukkende been, dat ek nie verder kon draf nie…  MAAR, ek kon egter nie stilstaan nie – ek moes op ‘n manier terugkom by my koshuis…  Die enigste ander moontlikheid was om die roete klaar te stap…  God het my die krag gegee, te midde van die pyn wat ek ervaar het, om my roete klaar te maak…

God werk baie keer met "curveballs"...  Die beste dinge in jou lewe kan ontstaan uit iets wat onbepland gebeur of iets wat skielik in jou lewe ‘n opwagting maak...  Partykeer moet mens net 'n stappie terugneem, ophou om die lewe so ernstig op te neem, ophou om in al die problem en die gejaagdheid van die lewe vas te kyk, en net dankie te sê dat God in beheer is.  Dat, alhoewel jou lewe 'n rigting ingeslaan het waarop jy nie gereken het nie, dat jy vir God in beheer stel, en JOUSELF oopstel om geseën te word deur hierdie "ompaaie"...   Ek dink God laat baie keer hierdie “ompaaie toe, sodat ons kan besef tot wat ons in staat is deur God wat ons die krag daarvoor gee…  Slegs wanneer jouself oopstel vir nuwe dinge, nuwe geleenthede, sal jy ons grote God NOG beter leerken.  Wanneer jy daardie mure wat jy so versigtig opgerig het, ‘n bietjie laat sak, is daar geen keer op die seën wat God vir jou het nie – nuwe vriendskappe, mense wat vir jou daar kan wees, aangesien hulle al deur soortgelyke dinge in hul lewens is, mense wat jou ondersteun en saam met jou bid, wanneer jy hulle nodig het… Moenie dat dinge wat op oompaaie na jou toe kom, by jou verbygaan nie...  Gryp hierdie geleenthede aan, en "geniet die natuurskoon op jou ompad"...  Die mooiste en beste dinge van jou lewe, kan dalk op ‘n ompad begin...  GeNiEt VaNdAg!  Dis 'n geskenk!!

blessings!

anelli**

No comments: