haloes! :)
“When
you find your path, you must not be afraid. You need to have sufficient courage
to make mistakes. Disappointment, defeat, and despair are the tools God uses to
show us the way.” ― Paulo Coelho, Brida
Johannes 14:13
"Wat
julle ook al in my naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun
verheerlik kan word..."
Jesaja 50:7
"Die
Here my God help my... Ek sal nie
teleurgestel staan nie... Ek sal my nie
ontstel nie, ek weet ek sal nie in die verleentheid kom nie..."
"Mag ons na elke teleurstelling
'n vars rede vind om te hoop..." ¬
Aleksander Solzjenitsin
"Teleurstellings het op hulle eie
geen positiewe of negatiewe uitwerking nie...
Dis deur ons reaksie op teleurstellings dat ons aan hulle positiewe of
negatiewe krag gee... Twee verskillende
mense, kan dieselfde teleurstelling met 'n totaal verskillende uitkoms ervaar... Dis hoe ons die terugslae in ons lewe
hanteer, wat bepaal hoe suksesvol ons is..." ¬ John C Maxwell
Hoe baie
gebeur dit nie, dat ons 'n ONGELOOFLIKE verwagting het, en dat ons planne dan
op 'n TOTALE teenoorgestelde manier uitwerk as wat ons gehoop of beplan het... Dis glad nie lekker, as dit waarvoor jy
gehoop het, en oor gedroom het, nie realiseer nie... Veral as jy laaaaaank daarvoor gebid het, en
God vertrou het daarvoor... Mens kan
baie keer voel dat God jou verlaat het; in die steek gelaat het of selfs
teleurgestel het... Tog - John C Maxwell
se quote slaan vir my die spyker op die kop...
Dis HOE ons teleurstelling hanteer, wat die deurslag in ons lewens gaan
gee... Dit wat ons voel, vloei deur na
hoe ons optree en die mense rondom ons behandel…
Dit
beteken NIE, dat jy nie mag hartseer wees wanneer dinge nie gaan soos wat jy
wou gehad het nie! Jy MAG hartseer, down
in the dumps of depressed voel... Watter
woord vir jou ook al werk:). Ek gee
myself altyd 'n "rou - tydperk", waarin ek myself toelaat om down te
voel, en sommer net te “sulk”... Die
geheim is net - beperk daardie "sulk periode"... Sê – vir die volgende naweek, gaan ek hartseer
wees, en dit uit my sisteem kry...
Probeer dan vanaf die Maandag, jou kop weer optel, en begin
"retaliate" (terugveg)... Dink
vir jou 'n plan van aksie uit oor HOE jy die “spesifieke iets in jou lewe”, met
rondte nommer 2 gaan benader en uitklop...
Moenie tou opgooi wanneer jy sukkel met iets, en die eerste probeerslag
dalk ‘n mislukking was nie… VEG TERUG! Dis nie verby voor die eindfluitjie blaas
nie, so moenie ophou speel voor die einde aanbreek nie! Jou situasie kan dalk vir jou soos die einde
lyk – maar dis dalk God se manier om ‘n nuwe begin in jou lewe te bewerkstellig… Ek het geleer toe ek klein was, probeer is
die beste geweer! :) en dis die waarheid! Die wêreld het meer mense nodig wat bereid is
om te baklei vir dit wat hulle wil hê…
Glo in jouself, en Glo in jou GOD se vermoë… “Even if you are not able – your God is MORE
THAN ABLE…” God sal wel jou getroue hart
beloon… Hy sal SAL jou help om deurbrake
te beleef - wanneer die tyd daarvoor reg is... Hy sal jou NOOIT in die steek
laat nie...
Blessings!
anelli**
No comments:
Post a Comment