Tuesday 9 October 2012

“When life gives you lemons, make lemonade!” ~ Unknown


haloes! J

“When life gives you lemons, make lemonade!” ~ Unknown

Johannes 13:7

"Wat Ek doen, begryp jy nie nou nie, maar later sal jy dit verstaan..."

2 Korintiërs 1:8-9

"Die swaar wat ons moes verduur het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het...  Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God, wat die dooies opwek tot die lewe..."

"God gebruik gebroke dinge...  Die grond moet gebreek word om 'n oes op te lewer; gebroke wolke laat dit reën;  gebroke graan voorsien ons van brood;  gebroke brood gee vir ons krag;  Dit is die gebroke albaste fles wat die heerlike wierook afgee; Dit is die gebroke Petrus wat bitterlik ween, en wat tot groter krag as ooit verhef word..."  ¬ Vance Havner

" 'n Skip, net soos 'n mens, beweeg op sy allerbeste wanneer dit effens teen die wind op is;  Wanneer die seile styf gespan is en dit moeite kos om dit op koers te hou...  Soos vir mense, is dit nie goed vir skepe as die wind direk van agter is, en hulle op koers gestoot word, en daar geen moeite gedoen hoef te word om dit te beheer of om die seile te beman nie...  Die wind lyk goed omdat dit jou voortdryf in die rigting waarin jy wil gaan, maar eintlik is dit destruktief omdat dit ons gerus laat voel en ons nie op ons hoede is nie.  Wat nodig is, is 'n wind wat effens teen die skip is, want dan word die spanning gehandhaaf; die adrenalien word gepomp en idees kan gebore word...  Soos skepe, reageer die mens altyd op uitdagings..."  ¬ James Michener

Miskien voel jy vanoggend dat die wind wat jy van voor af kry, stormsterk is...  Of jou seile en jou skip gebroke is, en nie verder kan, teen die aanslae van die duiwel en die natuur nie...  Vandag is dan spesiaal, net vir jou!  Soos jy hierbo kan sien, GEBRUIK God die gebrokenes vir Sy koninkryk!  Sommige dinge moet gebreek word, ten einde hul doel te dien...  Soos hierbo genoem in die aanhaling – grond moet gebreek word om ‘n TOP oes te lewer en gebroke wolke, bring water mee wat ons broodnodig het vir oorlewing, asook vir goeie oeste…  Met ons as mense is dit dieselfde...  Jy sal nie weet tot wat jy in staat is, as jy nie bietjie teenstand ervaar het nie...  Ek’t ‘n tyd terug ‘n stukkie geskryf met die aanhaling wat vir my baie mooi hierby aanpas:  “You never know how strong you are, until being strong is the only choice you have…~ Unknown”

'n Mens werk gewoonlik harder om sukses te behaal – ten opsigte van enige aspek van jou lewe - wanneer jy bietjie kompetisie of opdraend ervaar...  Wanneer jy gebroke voel - of daar niks is wat mense kan doen om jou te help met jou situasie nie, is gewoonlik die draaipunt wanneer jy besef dat jy niks oor het om te verloor nie, so hoekom nie eerder vir God vertrou daarmee nie?  Al wat die worry in elk geval veroorsaak, is dat jy min slaap, baie geirriteerd is, en elke dag besig is, maar glad nie verder kom as gister nie…  Dis wanneer ons besef dat ons tot NIKS in staat is SONDER God nie, en wanneer ons Hom toelaat om oor te neem dat die wonderwerke kan gebeur...  Moenie die suurlemoensap drink as gevolg van die feit dat jou lewe oorloop daarvan en jy voel jy het geen ander uitweg nie...  Daar is altyd ‘n uitweg, en die uitweg, is Jesus… Gebruik jou 24/7 lifeline en praat met God, en laat Hom toe om jou te help, ten einde die BESTE lemonade met die suurste suurlemoene te maak….

blessings!

anelli**

No comments: