Tuesday 23 October 2012

"Purpose is what gives life a meaning..." ¬ Charles H. Perkhurst


Haloes! :)

"Purpose is what gives life a meaning..." ¬ Charles H. Perkhurst

Jesaja 41:10,13

"Moenie bang wees nie, Ek is by jou...  Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God...  Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou...  Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou..."

Daniël 10:19

"Moenie bang wees nie, jy vir wie God liefhet!  Dit sal goedgaan met jou.  Wees sterk!  Wees sterk!"

"Die grootste gevaar is nie dat 'n mens misluk nie, maar dat jy tevrede kan wees met tweede beste..."  ¬ Laurence Peter
  
"Almal van ons het EWIGE lewens...  Vir 'n sekere tydperk word ek en jy op hierdie aarde neergesit om God se storie te leef.  God het ons gekies...  Hy het ons geroep...  Hy laat ons God se storie leef en vertel, ten spyte van ons letsels, ten spyte van ons hardkoppigheid, ten spyte van ons lamlendigheid, ons sleepvoetigheid...  Terwyl ons tyd op hierdie aarde het, verander en gebruik God ons soos Hy dit wil hê.  Ons moet God se storie-vertellers op hierdie aarde wees.  Ten midde van gewone tyd, moet ons agente van die EWIGE tyd wees..." ~ NH Gemeente Rustenburg, Tuine, Kerkblaadjie

Mens kan so maklik vasgevang word in die negatiewe dinge in ons lewens, en ons kan die moeilikhede beskou as 'n groot "straf" wat God oor ons gebring het...  Ek wil my verstout deur te sê dat ek dink 99.99% van moeilike dinge wat oor ons pad kom, gebeur sodat God daardeur verheerlik kan word...  En ek WEET – dit voel nooit so wanneer jy vasgevang is in die situasie nie…  MAAR - moeilike tye hou nooit vir altyd aan nie.  God het, terwyl Hy ons elkeen geskape het, 'n spesifieke DOEL vir ons elkeen voor oë gehad...  Ek ken nie jou situasie nie, maar ek weet dat God jou kan en wil gebruik!  Ek dink nie ons besef aldag dat ons op "geleende tyd" hier is nie...  Elke oggend wat ons wakker word, is opnuut 'n blessing...  Ek wil jou uitdaag om jou PURPOSE te ontdek - indien jy nog nie het nie - en om dit te gebruik, tot eer en verheerliking van God se koninkryk.  Jy kan INVLOED hê op iemand anders se lewe - gewoonlik wanneer mens deur 'n moeilike tyd gaan, is daar iemand anders wat al PRESIES daardie omstandighede ervaar het.  Jy kan dus JOU situasie as 'n getuienis gebruik, om iemand anders te bemoedig, en sodoende 'n "storie verteller" vir God op aarde te wees... 

Ons is in die NOU geplaas, om God se storie te leef...  Moenie tyd mors op onbenullighede nie...  Maar spandeer jou krag en energie, op dinge wat ewigheidswaarde sal hê - soos liefde vir ander, omgee, 'n koppie koffie saam met iemand wanneer jy nie eintlik tyd het nie...  En onthou om vir die mense in jou lewe, wat SAAKMAAK, te sê dat jy hulle liefhet...  Moenie aanvaar dat hulle dit weet nie... En moet ook nie te laat besef - wanneer jy iemand spesiaal verloor het, wat hulle eintlik vir jou beteken het nie... Ons weet nie hoe lank ons geliefdes of spesiale mense vir ons geleen word nie...  Waardeer hulle dus terwyl jy nog die geleentheid het!  Wanneer mens op ander begin fokus, raak jou probleme en moeilike situasies sommer kleiner...  God doen "agter die skerms" wonderwerke...  Hy is TANS besig om te werk - ook in jou lewe - glo dit!!

blessings!

anel**

No comments: