Thursday 31 May 2012

“Sometimes God does not give you what you think you want, not because you don’t deserve it, but because you deserve better…” ~Unknown

Haloes! :)
“Sometimes God does not give you what you think you want, not because you don’t deserve it, but because you deserve better…”  ~Unknown
1 Thessalonians 5:17

“pray without ceasing…”
James 1:1-6
Consider it pure joy, my brothers and sisters, whenever you face trials of many kinds,  because you know that the testing of your faith produces perseverance.   Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything.   If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.  But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind.

“Prayer is not a "spare wheel" that you pull out when in trouble, But it is a "steering wheel" that directs the right path throughout. Do you know why a Car's WINDSHIELD is so large & The Rearview Mirror is so small? Because our PAST is not as important as our FUTURE. Look Ahead and Move on…” ~ Forward email
  
God always answers our prayers, but sometimes the answer is no.  ~Author Unknown
Wanneer jy fiets ry, of motor bestuur, hardloop of stap – kyk jy heeltyd agter jou, of kyk jy na wat voor jou in die pad lê?  Ek is seker dat ten minste 99% van die tyd, kyk jy voor jou!  Want as jy heeltyd gaan terugkyk, is die kans goed dat jy in iets gaan vasry of vasloop en daar sal ’n groot kans wees dat jy baie seer sal kry!  Die goed waar jy verbyry of verby stap, mense wat jy ontmoet oppad, is alles deel van God se groter plan vir jou lewe…  Elke dag, is daar dinge wat gebeur, geselsies wat jy het, situasies wat jy moet hanteer, wat jou vorm en gevorm het tot die mens wat jy is vandag…

Hoekom dan, as ons die bostaande toepas wanneer ons bestuur, fietsry, hardloop of stap, doen ons die teenoorgestelde in ons daaglikse lewe?  Ons bly terugkyk, na die dinge wat reeds gebeur het…  Dinge wat ons verkeerd gedoen het, waarvoor ons, onsself nie kan vergewe nie…  Ons bly tob oor mense wat ons seergemaak het voorheen, en hou dan in die proses AWESOME ander mense uit ons lewe, omdat ons bang is dieselfde gebeur weer…  Ons kan nie mense oor dieselfde kam skeer nie…  Sommige goed gebeur in mens se lewe, sodat jy daaruit kan leer, en sterker word…  Maar God stuur daaglikse blessings oor jou pad…  Ons moet dit net raaksien!!  Is jou daaglikse geselsie met Jesus ’n stuurwiel, of ’n spaarwiel?  Soos wat jy jou beste vriend, of vriendin vertel van dinge wat daagliks in jou lewe gebeur – en so julle vriendskapverhouding bou, so wil Jesus ook daagliks deel wees van jou lewe…  Hy het jou oneindig lief…  Ons het gisteraand in Bybelstudie gesels oor wanneer jy bid ”in Jesus se naam”…  Dit het vir my die betekenis dat jy ALLES wat jy aan Jesus vertel het “surrender” en oorgee aan God…  Hy is in beheer – en soos Hy in Jakobus 1:1-6 hierbo sê – ons moet dankbaar wees wanneer moeilikheid oor ons pad kom, want dit sal ons leer om te volhard…  Ons kan aan Hom vra wanneer ons wysheid kortkom, want Hy sal dit aan ons gee…  Ons moet net nie twyfel daaroor nie!!  God antwoord ’n hart wat met verwagting na Hom toe kom…  God KEN jou hart – so jy kan kom nes jy is…  Wanneer jy op jou knieë staan, is dit moeilik om platgeslaan te word deur die storms van die lewe…  Jesus sal jou staande hou – en Hy sal jou lewensboot deur die storm, tot in die veilige hawe deursien…  VERTROU…  BLY HOOP…  HOU AAN OM GELOOF IN GOD TE HE!  Moenie ongeduldig raak met Jesus nie - die seen sal net soveel groter wees, wanneer jy wag vir Sy tyd...

Blessings!
 
Anelli**

No comments: