Wednesday 30 May 2012

Ever tried. Ever failed. No matter. Try Again. Fail again. Fail better…~ Samuel Beckett

Haloes! :)
Ever tried. Ever failed. No matter. Try Again. Fail again. Fail better… ~ Samuel Beckett

Galatians 6:9

And let us not grow weary of doing good, for in due season we will reap, if we do not give up…

Romans 8:28

And we know that for those who love God all things work together for good, for those who are called according to his purpose.


Ek weet nie wie van julle ooit Friends gekyk het nie? Maar hierdie storietjie het my laat dink aan die een karakter Monica… Sy is verskriklik kompeterend die woord verloor is nie in haar woordeskat nie J Sy is so kompeterend, dat wanneer sy sleg is in iets, sy die beste wil wees in die “sleg wees”… Soos bv, “if there were a prize for the BEST WORST performance, will I get it??” Ek dink dis ‘n absolute inspirasie vir ons om na te jaag in ons lewens!

Ons raak so maklik platgeslaan wanneer ons, onsself by ’n doodloop straat, of ‘n “padwerke” strate op ons lewenspad bevind, en ons opgehou word deur allerhande “obstacles”… Ons skakel sommer ons enjins af, in plaas van om net bietjie te “idol”en geduldig te wag tot die moeilike dinge verbygaan… Dink aan verkeersknope waarin jy al gesit het– as jy in die verkeer vasgevang is, help dit nie om ongeduldig te raak en ’n ander pad te probeer vind nie – want al manier om uit dit uit te kom, is om geduldig te wees, en deur dit te ry… So ook met ons lewens – wanneer die moeilike tye en mislukkings kom… Ons moet deurdruk, nie om dit probeer ry en dit te vermy nie… “If God brings you to it, He will bring you through it…” Hy sal jou deur ELKE liewe ding wat jou vandag moegmaak en jaag KRY… Hy het ‘n plan met ELKE liewe dingetjie wat oor jou pad kom! Ek weet die lewe sou makliker gewees het as ons dit kon verduidelik, of kon verstaan hoekom God sekere dinge toelaat in ons lewens… Laat Galasiers 6:9 vandag jou inspirasie wees… Jou oes van blessing sal op die REGTE tyd kom – God se tyd – mits jy nie moed opgee nie nie! Volhard in gebed… Die veiligste plek tydens ’n Storm, is by God en die wete dat jy onder Sy beskerming is… Hy sal jou nie ’n oomblik alleen laat nie, en Sy redding sal ALTYD betyds wees J

Blessings!

Anelli**

No comments: