Monday 21 May 2012

“The key to everything is patience. You get the chicken by hatching the egg, not by smashing it.” ~Arnold H. Glasgow quotes

Haloes! :)
“The key to everything is patience. You get the chicken by hatching the egg, not by smashing it.” ~Arnold H. Glasgow quotes
Matthew 18:12-14, New International Version (NIV)
“What do you think? If a man owns a hundred sheep, and one of them wanders away, will he not leave the ninety-nine on the hills and go to look for the one that wandered off? And if he finds it, truly I tell you, he is happier about that one sheep than about the ninety-nine that did not wander off. In the same way your Father in heaven is not willing that any of these little ones should perish…”
Psalm 23
The Lord is my shepherd, I lack nothing… He makes me lie down in green pastures, he leads me beside quiet waters, he refreshes my soul. He guides me along the right paths for his name’s sake. Even though I walk through the darkest valley, I will fear no evil, for you are with me; your rod and your staff, they comfort me. You prepare a table before me in the presence of my enemies. You anoint my head with oil; my cup overflows. Surely your goodness and love will follow me all the days of my life, and I will dwell in the house of the Lord forever.
“All good things come to he who waits”~Proverb quotes
“Patience can conquer destiny” ~Irish Sayings quotes
Ek dink ouers weet heel waarskynlik die beste hoe om die woordjie – geduld – te definieer... Ek dink jou kinders moet baie keer jou geduld tot die uiterste beproef… Wanneer jy deur ’n winkel stap, en hulle alles wil hê wat hulle oë sien – ek het so ’n tyd terug ’n dogtertjie gehoor met die ongelooflikste motiverings oor hoekom sy van die speelgoed wil hê J Was te kostelik – so op ’n ompad skimp, maar baie diplomaties! ’n Ander voorbeeld is wanneer langpad gery word, en daar elke 5 minute gevra word – “hoe ver nog??” Jesus is ook vir ons ’n voorbeeld van ’n Pa wat geduldig met Sy kinders is… Ons is gewone mense, wat elke dag foute maak… Die liedjie van Jesus Culture sê dit egter vir my so mooi – “But still he loves us the same…” Maak nie saak wat ons doen, of nie doen nie – Hy het ons oneindig lief, met ’n liefde wat ek nie dink ons OOIT sal kan verstaan nie… Dink aan hoe lief jy jou geliefdes het – dis nie eers ’n PATCH op wat Jesus vir jou voel nie! Hy het jou lief, al het jy dalk die Pad van die LEWE bietjie verlaat, of dalk ’n "detour" roete begin stap… Soos die gelykenis van die verlore skaap sê (Matteus 18:12-14) – Hy sal die 99 skape agterlaat en jou wat weggeraak het, kom soek, en geduldig wag op jou totdat jy HOM soek! Hy sal jou ook omvou met Sy liefde wanneer jy terugkom na Hom toe – soos die pa met die verlore seun gemaak het… Ons lees in Lukas 15:11-32 waar hy vir sy seun wat hom so seergemaak en teleurgestel het, ’n feesmaal voorberei toe hy terugkom na sy ouerhuis…
Of jy nou al jou lewe lank ’n Christen is, of dalk ’n nuwe ene, of dalk nog glad nie – Jesus het jou lief… Hy sal by jou hartkamer staan en klop – tot jy vir Hom oopmaak… Hy is ’n gentleman God en gaan dit defnitief nie op jou afdwing om Hom te volg nie… Die keuse is joune… Onthou vandag hoe kosbaar jy is! Jesus het jou lief! En as jy nog nie die keuse gemaak het nie doen dit voor dit te laat is... Ons weet nie wat die dag van more bring nie - ons is hier op aarde op geleende tyd... maak die meeste van ELKE oomblik wat jou geleen is en moenie spyt wees oor dit wat jy nie gedoen het nie... Kies die pad van die Ewige lewe...
As jy dalk nog nie vir Jesus gekies het nie en jy wil graag, bid vanoggend die volgende woorde... Jesus, ek kies vanoggend om U te volg, en U lig in hierdie donker wereld te wees deur my liggie te laat skyn... Help my om dit reg te kry - U weet hoe moeilik dit daagliks is... Dankie Jesus vir U geduld met my, en dat U my oneindig liefhet... Dankie dat ek kan weet dat U my spesiaal uitgekies het, en GROOT planne vir my lewe het... Dra my asseblief wanneer ek nie self weet hoe en watter pad om te stap nie... Dankie dat ek kan weet dat U groter is, as enige iets wat ek face op die oomblik en dat U my sal deurdra, omdat ek U kind is... In Jesus naam...
blessings!
anelli**

No comments: