Sunday 13 May 2012

“It is not because things are difficult that we do not dare, it is because we do not dare that it is difficult…” ~ Senecca

Haloes! :)
 
“It is not because things are difficult that we do not dare, it is because we do not dare that it is difficult…”  ~ Senecca
Psalm 27:1
The Lord is my light and my salvation; Whom shall I fear? The Lord is the strength of my life; Of whom shall I be afraid?
Psalm 34:18-19
“Wanneer mense roep om hulp, hoor die Here hulle…  Uit al hulle moeilikhede, red Hy hulle…  Die Here is naby die wat hartseer is…  Hy help hulle wat geestelik stukkend is…”
I expect to pass through life but once.  If therefore, there be any kindness I can show, or any good thing I can do to any fellow being, let me do it now, and not defer or neglect it, as I shall not pass this way again.  ~William Penn
I am a little pencil in the hand of a writing God who is sending a love letter to the world.  ~ Mother Teresa (Agnes Gonxha Bojarhiu)
Rick and Dick Hoyt…  Ek weet nie of jy die storie ken, of al die name gehoor het nie – as jy nog nie het nie, is jy in “for a treat!” en as jy al het, die storie raak my hart (en traankliereJ) elke keer!  Rick is gebore met ‘n naelstring om sy nek, en hy is daardeur serebraal gestrem…  Dokters het gesê hy sal nooit kan loop of praat nie, maar en dat dit beter vir sy ouers sal wees om hom op te gee…  Sy pa hulle het egter geweier, en besluit om hom nes ‘n normale kind groot te maak…  Deur werk van ingenieurs is ‘n masjien ontwerp waardeur Rick op ouderdom 13 kon kommunikeer…  Sy pa vertel dat Rick die begeerte gehad het om ‘n gestremde persoon te help deur 'n race te hardloop (die gestremde persoon het fondse nodig gehad)...  Sy pa (wat glad nie ‘n atleet was nie), het begin oefen, om aan sy seun, sy hartsbegeerte te gee… 
Hulle het al talle wedlope klaargemaak, ironman; maratonne…  Die lys is eindeloos…  As jy die video kyk (youtube), kan jy sien hoe hard die pa moet werk, want hy dra nie net sy eie gewig nie, maar ook die van sy seun…  Maar hy volhard…  Hy hardloop met die rolstol, swem met ‘n boot aan hom vasgemaak en ry met ‘n fiets vir 2 (waar hy alleen trap)…  Ek en jy kan met Rick vereenselwig in hierdie storie…  Want ons Hemelse Pappa hardloop elke dag die wedloop van die lewe saam met ons…  Hy dra ons waar ons nie kan nie, en versterk ons sodat ons ook kan straal van vreugde wanneer ons die lewe se uitdagings kaf draf, met Sy krag…  Soos hierdie pa sy seun liefhet, HOEVEEL TE MEER het God ons nie lief nie!!!  Ek dink dis heeltemal te groot vir ons verstand om te begryp…  “It is not because things are difficult that we do not dare, it is because we do not dare that it is difficult…”  As hierdie pa net aan sy eie selfsugtige begeertes gedink het, sou Rick nooit die mens geword het wat hy vandag is nie…  Hy het skool klaargemaak, ‘n graad gekry, en bly in sy eie woonstel…  ‘n Inspirasie vir ALMAL!  God seën ons met soveel dinge, maar ons tel nie altyd ons blessings nie!  Ons wil partykeer nie probeer nie, omdat dinge te moeilik lyk…  Laat hierdie pa vir ons ‘n inspirasie wees…  Iemand wat nooit ‘n wedloop in sy lewe gehardloop het nie, wat aan wedlope begin deelneem, met ‘n EKSTRA PERSOON as gewig saam met hom…  Jesus wil jou gebruik – met jou foute en al – om ‘n inspirasie vir die mense rondom jou te wees, en om impak te maak…  Jy is ‘n stukkie van ‘n legkaart in die jaar 2012, wat ‘n verskil kan maak in jou onmiddellike omgewing…  As een stukkie van die legkaart weg is, kan mens nie die volle prentjie sien nie…  Laat God toe om jou te gebruik, om SEËN vir jou lewe, en ook die rondom jou te wees!  God het SOVEEL planne en seën vir jou!!  Jeremia 29:11 – “Ek weet wat ek vir jou beplan, sê die Here…  Voorspoed en nie teëspoed nie…” Plaas jou lewe in God se hand...  En laat Hom toe om die onmoontlike, deur jou gehoorsaamheid moontlik te maak...
blessings!

No comments: