Wednesday 16 May 2012

“Problems are opportunities in work clothes…” ~ Henry J Kaiser

“Problems are opportunities in work clothes…”  ~ Henry J Kaiser
Jakobus 5:13; 26
“Is daar van julle wat swaarkry?  Dan moet julle aanhou bid daaroor…  En die wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie…  Die gebed van iemand wat wie se saak met God reg is, het ‘n kragtige uitwerking…”
Jakobus 1:5
“Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie…  Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy gevra het nie…  Maar as mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word…  So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie…”
“You are on the road to success, when you realise that failure is only a detour…”  ~ Anonymous
“All our dreams can come true, if we have the courage to pursue them…”  ~ Walt Disney
Henry J Kaiser het gesê - Problems are opportunity in work clothes…  Ek dink nie daar is een van ons wat onmiddellik, wanneer probleme opduik, outomaties dink – hier is eintlik ‘n geleentheid nie!  Ons sien dit vir wat dit is – ‘n probleem, of iets wat in ons pad staan om vorentoe te beweeg…  Iets waarvoor ‘n oplossing gevind moet word…  Onthou jy om te bid in tye van swaarkry?  Of gaan jy maar aan, dag tot dag deur net te bestaan?  Hier is vandag vir jou 2 verse van versekering…  Waar Jesus sê dat ons moet aanhou bid en vertrou wanneer dinge moeilik gaan, want as ons saak met Hom reg is, sal ons gebed ‘n kragtige uitwerking hê…  En HY sal aan ons openbaar wat ons moet doen, wanneer ons nie weet nie…  MAAR, ons moet vertrou dat Hy sal antwoord – en NIE SY woord, en Hom in twyfel trek nie!  Dis groot dinge hierdie!!
Dis maklik om met jou mond te bely, maar dan nie werklik te glo dat God uitkoms sal bring vir jou probleme nie…  Of dat jy dalk voel jy bid, en bid, maar antwoorde kom nie of jy het nie vrede oor wat jy moet doen nie…  Ons is besig met so ‘n Alfa-course in Bybelstudie, en die Predikant het nou die aand ‘n baie waar onderwerp aangeraak…  Partykeer sê God nee, vir dit wat ons vra…  As dinge nie uitwerk nie, dink ek ons sien dit baie keer dat God ons net nie antwoord nie – maar dit kan ook ‘n manier wees wat Hy net nee sê…  Hierdie anonieme aanhaling is vir my netso raakvat!  Jy is op die pad van sukses, as jy besef dat teleurstelling of dinge wat nie uitwerk nie, net ‘n detour is…  Soms ervaar mens die mooiste en beste dinge terwyl jy op ‘n detour is!  God gebruik baie keer ‘n detour om ons voor te berei vir die ongelooflike seën wat Hy vir ons het…  Wanneer dinge dalk vir jou moeilik voel, en jy nie weet hoe om uitkoms te kry nie – hou aan bid…  As jy nie antwoorde kry nie, vra iemand om vir jou te bid, en saam met jou te vertrou vir deurbrake…  God is nooit laat nie – Hy sal sorg…  op die REGTE tyd…  En ongelukkig kan die lewe net verstaan word deur terug te kyk…  Party dinge gaan eers na ‘n verloop van tyd vir ons sin maak…  Die belangrikste is net om te vertrou dat God by jou is, elke oomblik en dat mislukking of dinge wat nie uitwerk nie die einde van die wêreld is nie…  Dit is gewoonlik boublokke of ‘n fondasie van die begin van ‘n nuwe “journey”…  God het soveel seën vir jou!!  Maak jou hart, en hande oop daarvoor!
Blessings!
Anelli**

No comments: