Monday 28 May 2012

"Gandhi was right: if we all live by 'an eye for an eye' the whole world will be blind. The only way out is forgiveness."

Haloes! :)
 
"Gandhi was right: if we all live by 'an eye for an eye' the whole world will be blind. The only way out is forgiveness."
¬Sidney and Suzanne Simon - Forgiveness: How To Make Peace With Your Past And Get On With Your Life"

Kolossense 3:13
"Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het...  Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe..."

Matteus 18:21-22
"Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: "Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen?  Selfs 7 keer?  Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie 7 keer nie, maar selfs 70 maal 7 keer..."

Storietjie vanoggend...  "Stel jouself die volgende voor:  Jy sit elke oggend getrou die vullis in 'n swart sak op die sypaadjie uit waar dit deur vullisverwyderaars weggeneem kan word...  Maar dan, net voordat die vragmotor verbykom, hardloop jy na buite, bring dit weer terug in jou huis en plaas dit by 'n groeiende berg vullissakke in jou kombuis.  Die stank daarvan skree later ten hemele, die bure dreig om te prosedeer, jou vriendekring raak merkbaar kleiner, jou gesin soek redes om te verhuis...  en jy gaan maar ongestoord voort met jou vullis-inbring...  Absurd?  Tog doen baie mense dit!  Natuurlik nie letterlik nie, maar wat hulle onwilligheid om te vergewe betref.  Ons rakel altyd weer die oortredings van ander op; ons bring altyd weer die sondevullis van ander mense in ons huise, ons kerk en in ons gees in...  ons wil nie toelaat dat die vergifnis wat Christus bewerk het, die vergrype van ander, asook die teenoor ons, eens en vir altyd wegvat nie...  Ons verander onsself in 'n vullishoop van onvergewensgesindheid...  Ons verkies vullis bo vergifnis..."  ¬ Johan Cilliers

Jy kan dalk die boostaande gelees het, en gedink het, dis absurd!  Dis ongelukkig die waarheid, en harde realiteit...  Ons sukkel om te vergewe en om mense wat ons seergemaak het, of van wie ons nie hou nie, onvoorwaardelik te aanvaar...  God het ons elkeen uniek geskep, en ELKE PERSOON op hierdie aarbol, is volgens SY beeld geskep...  Dit kos niks om vriendelik te wees nie...  'n Glimlag kan wondere verrig...  Dis wat Jesus van ons verwag...  Nie EEN van ons het verdien wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het nie...  Dat Hy vir ons gesterf het aan die kruis, was net LIEFDE...  Ons lewensleuse moet wees dat ons meer soos Jesus wil word...  Ons moet Sy hande en voete hier op aarde wees...  Dit kan ons slegs wees, as ons die mense om ons, onvoorwaardelik aanvaar...  En met liefde hanteer...  As daar dalk 'n persoon is wat jou laat sukkel om te vergewe, of om Jesus se liefde te laat skyn deur jou optrede, wil ek jou uitdaag om te begin bid daarvoor...  God is 'n God van wonderwerke, en Hy SAL harte sagmaak en aanvaarding bring, as dit Sy wil is...  Gee jou hele situasie net oor aan God - Hy is die ultimate geneesheer, en Hy sal aan jou die krag gee om jou vyande te aanvaar, lief te hê asook om te vergewe...
 
Iets wat by hierdie storietjie aansluit = worry...  Ons kan partykeer se ons gee ons bekommernisse oor aan Jesus...  Ons gaan sit dit dan by Sy voete neer, soos ons die vullis verwyder, maar dan wanneer die lorrie verbykom, hardloop ons weer en gaan tel al die bekommernisse op...  Al daardie bekommernis besoedel ons hele wese!  God is 'n God van deurbrake, wonderwerke, goeie tye en baie seen...  Al wat ons moet doen, is om te leer om te vertrou - as ek niks aan die bekommernis kan doen, behalwe om te bid nie - laai dit AF by Jesus...  En moenie terughardloop om dit weer op te tel en self te probeer hanteer nie...  HY is GROTER, sterker en baie meer ABLE as jy!  Vertrou!!!

blessings!

No comments: