Monday 14 May 2012

“We were made for loving… If we do not love, we will be like plants without water…” ~ Archbishop Desmond Tutu

Haloes! :)
“We were made for loving…  If we do not love, we will be like plants without water…”  ~ Archbishop Desmond Tutu
1 Corinthians 13:3-7 (The Message)
If I give everything I own to the poor and even go to the stake to be burned as a martyr, but I don't love, I've gotten nowhere. So, no matter what I say, what I believe, and what I do, I'm bankrupt without love.

   Love never gives up.
   Love cares more for others than for self.
   Love doesn't want what it doesn't have.
   Love doesn't strut,
   Doesn't have a swelled head,
   Doesn't force itself on others,
   Isn't always "me first,"
   Doesn't fly off the handle,
   Doesn't keep score of the sins of others,
   Doesn't revel when others grovel,
   Takes pleasure in the flowering of truth,
   Puts up with anything,
   Trusts God always,
   Always looks for the best,
   Never looks back,
   But keeps going to the end…”
“No fate is worse than a life without love…”  ~ Mexican Proverb
Dr. Seuss: “We are all a little weird and life's a little weird, and when we find someone whose weirdness is compatible with ours, we join up with them and fall in mutual weirdness and call it love.
Het jy al ‘n plant present gekry, of moes na iemand se plante omsien, en dit het totaal geflop??   Of jy het te veel water gegee, of te min, of die plant het nie genoeg sonlig gekry nie??  Vir ‘n plant om op sy mooiste te wees, moet die balans tussen al hierdie dinge perfek wees…  Sonder dit, sal hy doodgaan – of vlekke of merke toon dat daar nie behoorlik na hom omgesien is nie – geel blare, dooie blare, stam met dorre merke…
Ons as mens is dieselfde…  Ek kom al hoe meer agter – almal is maar eintlik net opsoek na ‘n bietjie liefde en aanvaarding…  Sonder liefde, sal ons ook verwelk soos ‘n plant…  Om hierdie reg te kry, moet ons Hoof liefde in plek wees – sodat die res net daarop gebou kan word…  As ek nou vir jou Grieks praat – God moet ons basis en beginpunt van alles wees…  Vir verhoudings om te kan werk, om daardie wedersydse respek en aanvaarding vir mekaar te hê (dis nou vriendskappe, sowel as liefdesverhoudings) – moet alle partye besef dat God ons aanmekaar bind…  God het ons geskape om Hom lief te hê, maar om ook ‘n seën vir die mense rondom ons te wees…  En wanneer Jesus jou basis is, kan mens nie anders as om jou liggie te laat skyn, en ook die liggie in mense rondom jou aan te steek nie…  Daar sal net ‘n andersheid wees in hoe jy mense hanteer, en behandel…  Mens kan verhoudings vergelyk met ‘n Kruis – Jesus is die bo-punt van die kruis, en die twee mense in verhouding – die dwarslat van die kruis…  Jesus hou wag oor die twee kante en is ook die gemene faktor wat beide partye bind…  Wanneer dit vir jou moeilik is om ander lief te hê – dit is nie altyd maklik nie J  BID, dat Jesus jou hart sal verander, vernuwe, dat jy aanvaarding en liefde kan vind vir die mense wat jou so kwaadmaak…  Hy is groter as ENIGE iets…  En deur Sy krag, kan daar oplossings vir ENIGE iets gevind word…
Wees dankbaar vir die mense met wie God jou bless!  En bid vir jou huweliksmaat (as jy reeds getroud is, maar ook as jy nog opsoek is na iemand, of in verhouding met iemand is); bid vir jou vriendskappe, sodat jy God se ultimate seën in dit kan ervaar!  Besef dat die lewe kort is – ons weet nie hoe lank ons vir mekaar gespaar kan word nie, so moenie ‘n dag laat verbygaan waar mense nie weet wat hulle vir jou beteken nie!  Moet ook nie 'n aand kwaad gaan slaap nie...  Ons is hier op geleende tyd...  Moenie spyt wees dat jy nie jammer gese het, omdat jy te trots was nie...  Moenie spyt wees omdat jy mense nie waardeer het toe jy die kans gehad het nie...  God is ALTYD bereid om ons 'n tweede kans te gee wanneer ons opmors...  Moet ons nie dieselfde liefde vir ons medemens betoon nie?  Jesus is reeds in jou dag, en Hy het jou oneindig lief!  WEet dit vandag!!
Blessings!

No comments: