Tuesday 1 May 2012

“Anger is a bad advisor…” ~ French proverb

Haloes! :)
“Anger is a bad advisor…”  ~ French proverb
Numbers 6 :24-26 

“May the Lord bless and protect you; may the Lord's face radiate with joy because of you; may He be gracious to you, show you His favour, and give you His peace…”

1 Peter 5:7
 “Cast all your anxiety on him because he cares for you…”
“If you are patient in a moment of anger, you will escape a hundred days of sorrow…”  ~ Chinese proverb
“Speak when you are angry, and you will make the best speech you will ever regret…”  ~ Lawrence J Pete
Hierdie gediggie is ‘n MUST read vir elkeen!!
Daar is 'n gediggie wat sê:   As ek geweet het dis die laaste keer, dat ek jou aan die slaap sou sien raak,  sou ek meer moeite gedoen het om jou warm toe te maak.  As ek geweet het dis die laaste keer wat ek jou by die deur sien uitloop, sou ek jou gedruk en gesoen het - en jou teruggeroep het vir nog n drukkie. As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor, sou ek dit op band op geneem het sodat ek dit weer en weer kon speel.  Ons leef so asof daar nog baie tyd oor is om alles te doen wat ons graag wil  maar se nou vandag was die Laaste Kans!  Die Bybel sê: " Ons is maar n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn." Kom ons maak vandag tyd om te sê: `Ek is jammer` of `Dankie` of `Ek waardeer Jou`! As môre dalk nie daar is nie, kom ons leef vandag voluit! Waardeer vandag die mense rondom jou.

Hoe maklik raak mens nie kwaad of geiriteerd met mense nie?  Veral wanneer ons moeg is!  Ek dink nie eens baie mense bedoel dit die helfte van die tyd nie, maar dan glip die baklei deur sonder dat jy dit eers bedoel het?!  Dinge word gesê wat kon gebly het, en mense word seergemaak wat dit nie verdien nie…  Miskien kan jy assosieer met hierdie – as die persoon wat kwaad word, maar ook as die persoon wat seergekry het…  Is jy besig om vandag, op hierdie oomblik te LEWE, of is jy besig om op die kantlyn te sit en wag om as ‘n plaasvervanger vir iemand op te gaan?  Jy het dalk al soveel seergekry, dat jy ophou om te probeer, en maar eerder as ‘n toeskouer sit en kyk hoe die ander mense lewe? 

Seerkry is deel van die lewe (ongelukkig is dit ‘n harde realiteit!) – dis wat die legkaartstukkies kleur gee J  Sonder dit, sou jou lewe se prentjie net wit en swart blokkies wees J  God het ‘n doel met elke stukkie seerkry wat jy al moes deurmaak, en ook nog gaan deurmaak…  En Hy weet wat Hy vir jou beplan, en wat jy nodig het om daar uit te kom – al wat Hy van jou vra, is om te vertrou…  Ek wil hierdie gediggie voor jou deur lê en vra dat jy dit sal onthou wanneer jy weer op die “bench” wil klim en kyk hoe ander lewe!  Niemand van ons weet of ons volgende week, wat nog volgende jaar hier gaan wees nie…  Mens weet ook nie of jou laaste woordewisseling of baklei die laaste woorde sal wees wat jy vir ‘n geliefde of vriend uiter nie…  Of as jy dalk stilbly toe jy kans gehad het om dinge reg te maak met jammer, of te sê dat jy lief is vir iemand…  Waardeer die mense in jou lewe!!!  Waardeer al die kanse wat God jou saam met hulle gee!  God sal die stukke van jou seerkry weer saamsit, en vir jou sorg!  HY sal die moeilike tye en stukkende hart wat jy dalk het, ten goede gebruik…  Laat Hom toe om Sy beste vir jou te gee, deur bietjie meer te waag deur Hom te vertrou!, en minder op jouself staat te maak deur op die bench te sit… 

Blessings!

No comments: