Tuesday 15 May 2012

“Nobody made a greater mistake than he who did nothing, because he could only do a little…” ~ Edmund Burke

Haloes! :)
“Nobody made a greater mistake than he who did nothing, because he could only do a little…”  ~ Edmund Burke
Fillipense 4:13
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee…”
Matteus 17:20
“Julle geloof was nie sterk genoeg nie”, was Jesus se antwoord…  Dit verseker Ek julle, as julle geloof selfs so klein soos ‘n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie berg sê:  Skuif soontoe, en hy sal dit doen…  Ja, niks sal vir julle onmoontlik wees nie…”
Live simply that others might simply live.  ~Elizabeth Ann Seton
We can do no great things, only small things with great love.  ~Mother Teresa
As jy gou vir ‘n oomblik dink aan die armoede in Suid-Afrika…  Ek is seker daarvan dat elkeen van julle op ‘n daaglikse grondslag straatkinders sien wat bedel vir ‘n iets om te eet…  Ek het net laas week met my ma gesels, en die een plek wat ons geseën het met Paaseiers – No Limits, moet hulle deure sluit, en die kinders uitskuif na ‘n ander plek, aangesien daar net nie die fondse is om hulle te help nie…  As mens dink hoeveel armoede daar is, hoeveel honger mense, hoeveel hartseer en eensame mense, kan dit oorweldigend raak!  Nood omring ons van alle kante!!  En ek weet jy sit en dink – ek kan nie almal help nie…  Daar is jy 100% reg, vriend, en vriendin!
MAAR, ons kan WEL ‘n verskil maak deur te help in ons onmiddellike omgewing…  Ons kan op soveel klein maniere groot verskille maak – dit hoef nie net in die vorm van finansiële bydraes te wees nie…  Daar is ELKE dag mense wat oor jou pad kom – dit kan dalk iemand by jou werk wees wat net iemand het wat nodig het om te luister…  Of ‘n iemand wat ‘n drukkie nodig het na of gedurende ‘n rowwe dag…  Daardie toebroodjie wat jy nie geëet het by die werk nie, kan jy vir ‘n honger straatkind by die robot gee – eerder as wat dit in die drom beland…  Of daardie oorskiet kos in jou yskas wat jy hou en nie eet nie – pak dit in ‘n houer en gee dit vir iemand wat dit sal waardeer!  Ek het baie keer as ek iewers gaan eet het in SA, sommer take-away gevat wat oorbly en dit vir die car guard gegee…  Hulle is gewoonlik onbeskryflik dankbaar vir ietsie so kleins…  Klein dingetjies wat dalk vir jou “insignificant” lyk of voel, kan die wereldse verskil vir iemand anders maak…  My gebed is, dat God jou sal gebruik vir die Koninkryk – daagliks…  Ek het die naweek ‘n vriend se status update op Facebook gelees wat sê – “to the world you might just be one person, but to one person you might just be the world…”  Wees daardie verskil wat jy wil sien in die wêreld…  Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê, en moenie NIKS doen, omdat jy voel jy net ‘n bietjie kan doen nie…  Daardie bietjie mag dalk net die druppel in die emmer wees, wat hom laat oorloop…
Blessings!
Anelli**

No comments: