Sunday 6 May 2012

“The best things in life aren’t things…” ~ Art Buchwald

Haloes! :)
“The best things in life aren’t things…”  ~ Art Buchwald
Isaiah 40:31
“But those who hope in the Lord, will renew their strength…  They will soar on the wings like eagles, they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”
Psalm 25:4-5
“Show me your ways, Lord, teach me your paths. Guide me in your truth and teach me, for you are God my Savior, and my hope is in you all day long…”
“What is a friend?  It is a single soul dwelling in two bodies…”  ~ Aristotle
“Let us be grateful to people who make us happy, they are the charming gardeners who make our souls blossom…” ~ Marcel Proust
Hierdie is vir my ‘n ONGELOOFLIKE onderwerp!!!!  En ek dink daar is baie mense, wat BAIE lank neem om tot die besef te kom, dat die lewe oor MEER gaan as net GOED / DINGE…  Ek het die naweek ‘n aanhaling gehoor – “You won’t get another day like today…  So go out and make the most of it…”  Hoe waar is dit nie?!  Ons dink ELKE dag (ek is self bitter skuldig hieraan!), dat daar nog BAIE tyd is om alles te doen wat ek nog altyd wou doen…  Is daar werklik so baie tyd nog??  Of – ons weet hierdie aanhalings / waarhede, maar tog gaan ons net deur die “motions!”  Ons staan op, doen wat gedoen moet word, jaag van een ding na die volgende en vergeet van die goed in ons lewens wat WERKLIK saakmaak!
Soos vriende en familie…  Spesiale tye, spesiale herinneringe wat gemaak word…  Vandat ek hier in Amsterdam bly, het ek net weer opnuut tot daardie besef gekom…  Die lewe gaan oor meer as werk…  Ons het SOOO baie om voor dankbaar te wees, en vriende en familie is WERKLIK ons kosbaarste besittings in die WERELD!  As ek kyk na die groepie vriende van ons wat hier saam is – in hierdie kort tyd wat ons hier is het hulle werklik my familie geword!  Al is ons baie verskillend, is elkeen SO spesiaal, en dra by tot die groep om van dit ‘n awesome unit te maak…  Dit is wat my bind met die huis, mense met dieselfde waardes, en uitkyk op die lewe…  As ons moet lewe vir WERK, of al die ander dinge wat die lewe volmaak, dink ek sal dit ‘n BAIE onvervulde lewe wees wat ons lei…  Die lewe gaan oor verhoudings bou, memories maak, en om net dankbaar te wees vir ALS waarmee God ons op ‘n daaglikse grondslag bless!!  Daar is SOVEEL klein goedjies – die son wat skyn, ‘n voeltjie wat tjirp, iemand wat vir jou glimlag, vir jou plek gee in die verkeer, koffie maak of ‘n welkome geselsie aanknoop…  Ons kyk dit mis, wanneer ons fokus op alles wat “verkeerd” is…  Wat is vir jou belangrik??  En maak jy tyd daarvoor?  Iets wat ek ook besef het, is as jy nie tyd gaan MAAK nie, gaan jy dit nooit hê nie!  Daar sal altyd nog iets wees wat gedoen MOET word, of waarheen jy moet jaag…
Waardeer die mense in jou lewe!!!  Dis ‘n geskenk uit jou Hemelse Pappa se hand!
Blessings!

No comments: