Tuesday 29 May 2012

“Wanneer jou dagtaak afgehandel is, gaan slaap in vrede; God is wakker...” ~ Victor Hugo

Haloes! :)

“Wanneer jou dagtaak afgehandel is, gaan slaap in vrede; God is wakker...”  ~ Victor Hugo

Matteus 11:28-29

“Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee...”

Jesaja 40:28 – 31
“Weet jy dan nie dat die Here van altyd af God is nie?  Hy is die Skepper van die hele aarde...  Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van Sy insig meet nie...  Hy gee krag aan die wat moeg is...  Hy maak die magteloses sterk...  Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat...  Baie jongmense struikel en val...  Maar die wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry...  Hulle vlieg soos arende, Hulle sal hardloop en nie moeg word nie...  Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie...”

“God voorsien rusplekke asook werkplekke...  Rus dus en wees dankbaar as God vir jou, wanneer jy uitgeput en oorlaai is, langs die pad by strome verby lei waar jy verkwik kan word...”  ~ LB Cowman
 
Is jy so moeg gejaag nadat jy jou dagtaak afgehandel het, net om daarna te gaan wakker lê met al die bekommernisse wat jou jaag?  Mens kry sulke dae, wat jy voel jy kan jou oë nie meer oophou na ‘n harde dag nie, maar wanneer jy dan jou kop op die kussing neersit, is dit asof jy skielik WAWYD wakker is...  Dan, in die donkerte, lyk jou probleme vir jou so astronomies groot, dat jy uiteindelik geen slaap inkry nie, net om die volgende dag nog moeër in te gaan as wat jy die vorige dag geëindig het?
Ek het net nou die dag weer opnuut besef, wanneer jy tyd met God spandeer en bid, vat Hy daardie bekommerde, of beklemmende gevoel wat mens partykeer beetpak, weg...  Hy verstaan dat probleme baie keer groter lyk, wanneer mens moeg is, of wanneer dinge donker is rondom jou...  Die “spoke” wat mens baie keer skep as jy in die aand in jou bed lê, lyk mos partykeer heeltemal anders as jy die volgende oggend weer daaraan dink...

Wanneer jy weer so wakker lê, of wanneer jy net nie tot ruste kan kom nie, kniel neer voor God en bid...  Plaas daardie dinge wat jou so wakker hou, of dinge wat jou jaag, by Sy voete neer...  God belowe dat wanneer ons iets by Sy voete neerlê, sal Hy beheer oorneem...  Hy sal  dit hanteer, en uitsorteer...  Al lyk dit vir jou so onmoontlik, dat jy wil HUIL oor die ontmoontlikheid van jou sitausie...   As jy nie meer weet watter kant toe nie, want dit voel vir jou of alle opsies al uitprobeer is, glo net die volgende... God kan ‘n weg baan, waar daar geen pad is nie...  Lukas 1:37 – Niks is vir God onmoontlik nie...  Mag Hy jou sommer daar waar jy nou is, kom vul met Sy alles oorheersende rustigheid, en mag jy in daardie rustigheid gedra word, in die dag wat voorlê...
 
blessings!

No comments: