Sunday 20 May 2012

“From success to failure is one step, from failure to success is a long road…” ~ Yiddish Proverb

Haloes! :)
“From success to failure is one step, from failure to success is a long road…”  ~ Yiddish Proverb
Psalm 37:3-4
“Vertrou op die Here en doen wat goed is…  Woon in die land en geniet veilige weiding…  Wees bly in die Here, en Hy sal aan jou, jou hartsbegeertes gee…”
2 Corinthians 12:9-10
God said to me, "My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness." Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ's power may rest on me. That is why, for Christ's sake, I delight in weaknesses, in insults, in hardships, in persecutions, in difficulties. For when I am weak, then I am strong…
You gain strength, courage, and confidence by every experience in which you really stop to look fear in the face. You are able to say to yourself, 'I lived through this horror. I can take the next thing that comes along…”  ~ Eleanor Roosevelt
A lot of people do not muster the courage to live their dreams because they are afraid to die…  ~ Les Brown
Waarvoor is jy bang?  Jou grootste vrees?  Ek dink nie mens baie daaraan nie…  Mens dink baie keer aan hoeveel klein dinge wat jou laat WORRY, maar ek dink nie mens dink baie aan wat jou bang maak nie…  In hierdie wêreld wat so deurmekaar is, is daar baie dinge is wat mens kan bang maak…  Vir baie kinders, is die donker vreesaanjaend…  Ek was nooit bang vir die donker nie, maar ek onthou een nag toe ek baie klein was, ek dink ek was 5 jaar oud, wat ek ‘n ongelooflike nagmerrie gehad het…  Daar was slange wat in my kamer ingekom het, en hulle op my bed tuisgemaak het, en ek onthou daai tongetjie wat so in en uit gaan soos hy sis…  Ek was ONMENSLIK bang!  Ek het my ma hulle geroep, en ek onthou nog, hulle het in my kamer ingekom, die lig aangesit, en my verseker dat daar niks was nie…  Maar ek kon dit nog sien as ek my oë toemaak…  Hulle het by my gesit, my kalmeer, en my gewys, dat daar absoluut niks was om voor bang te wees nie…  Ek wou egter niks weet nie…  Hulle het my by hulle in die kamer laat lê, en ek onthou hoe die rustigheid dadelik oor my gekom het…  Om te weet dat hulle daar is, en my sou beskerm as die slange weer terugkom…
Ons lewe is baie keer so…  Ons sien net die donker, alles wat verkeerd gaan…  Maar ons vergeet om die Lig aan te sit (gebed en deur God se woord te bestudeer) om op ons probleme te skyn, en dat ons kan FOKUS…  Wanneer dit donker is, lyk problem gewoonlik groter as wat dit werklik is…  Ek weet nie of jy al wakker gelê het, en jou bekommer het oor dinge, en wanneer jy jou oë die volgende oggend oopmaak, lyk dit wat die vorige nag so onmoontlik gelyk het, weer doenbaar of baie kleiner as wat jy dit analiseer het!  Wanneer ons bid, en saam met God dit aanpak en Hom in beheer stel, laat Hy ons met nuwe oë daarna kyk, sodat ons nuwe perspektief kan kry!  Wanneer mens teleurstelling ervaar het, of wanneer dinge verkeerd gaan, is dit baie keer baie moeilik om jou pad terug te vind…  Deur te kan volhard, en deur aan te hou fokus op God…  Mens raak baie keer “discouraged” wanneer die dinge verkeerd gaan, maar wanneer ons, ons vertroue in die Here stel, kan ons weet – GEEN berg sal te hoog wees, en geen pad sal te lank wees om te stap nie…  Hy sal jou teleurstelling omskep in oorwinning…  Jy moet Hom net vertrou daarvoor!
Blessings!
Anelli**

No comments: