Tuesday 22 May 2012

“Life is all about timing... the unreachable becomes reachable, the unavailable become available, the unattainable... attainable. Have the patience, wait it out It's all about timing.” ~ Stacey Charter quotes

Haloes! :)
“Life is all about timing... the unreachable becomes reachable, the unavailable become available, the unattainable... attainable. Have the patience, wait it out It's all about timing.”  ~ Stacey Charter quotes
2 Corinthians 4:16-18
So we do not lose heart. Though our outer self is wasting away, our inner self is being renewed day by day. For this light momentary affliction is preparing for us an eternal weight of glory beyond all comparison,  as we look not to the things that are seen but to the things that are unseen. For the things that are seen are transient, but the things that are unseen are eternal…
Romeine 12:12
“Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan…  Volhard in tye van swaarkry, moenie verslap in gebed nie…”
Elke uur van die horlosie het 'n boodskap:
1 UUR sê vir my ek leef net een maal en daarom moet ek die lewe waardeer en my tyd hier op aarde reg gebruik.
2 UUR sê ek het twee ouers wat ek moet eer en liefhê en gehoorsaam.
3 UUR herinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet dien.
4 UUR herinner my aan die vier windstreke en dat waar ek ook al mag gaan ek die Hemel se kompas (die Bybel) nodig het om vir my rigting aan te dui.
5 UUR dui op die vyf vingers aan elke hand waarmee ek moet werk om my brood eerlik te verdien en diensbaar moet wees vir die Here.
6 UUR sê vir my ek moet my pligte getrou nakom en ses dae van die week werk.
7 UUR sê vir my dat ek op die sewende dag moet rus.
8 UUR laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die sondvloed behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by Christus skuiling soek.
9 UUR herinner my aan die nege melaatses wat nie teruggekom het om die Here te bedank nadat hulle gesond geword het nie en maan my om dankbaar te wees vir al die goeie dinge wat ek uit Sy hand ontvang.
10 UUR herinner my aan tien jong meisies waarvan vyf nie gereed was toe die bruidegom gekom het nie en waarsku my om nie so dwaas soos hulle te wees nie.
11 UUR herinner my aan so baie mense wat tot elfder uur uitstel om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe kom. Dit maan my om altyd gereed te wees om die Here te ontmoet.
12  UUR sê vir my die genadetyd is haas verby. Om middernag kom die Bruidegom en ek moet sorg dat ek nie agterbly as Hy Sy kinders kom haal nie

Ek dink die bostaande stukkie is ‘n gedagteki op sy eie…  Dit was vir my SO waar, so relevant in vandag se tyd – WANT, die tyd MOVE!  Dit wag vir niemand nie!  As jy nie lewe nie, gaan die tyd nie wag tot jy inhaal en begin lewe nie – dit stap aan…  Daagliks…  Ek is hierdie laaste week met soveel dinge gekonfronteer en gereeld herinner, dinge wat net oor en oor bevestig dat ons moet DANKBAAR wees vir AL die blessings in ons lewe en die tyd wat daagliks aan ons geleen word!!  Al voel dit klein en nutteloos – ons is bitter bevoorreg!  Jy dink dalk nou, ja maar…  Onthou net – al gaan dit HOE sleg met jou, daar is ALTYD iemand met wie dit slegter gaan!  Miskien is daar goed wat jy wil hê wat op die oomblik nie realiseer nie, en “unreachable” voel…  Partykeer moet mens net bietjie geduld aan die dag lê en wag op God…  Hy sal die unreachable of die unavailable, reachable en available maak, wanneer die tyd daarvoor reg is!  As jy dalk ongeduldig voel omdat dinge net nie na ‘n punt wil kom en uitwerk nie – volhard net in gebed…  Jesus WEET wat Hy vir jou wil hê…  En dis defnitief nie hartseer en onsekerheid nie…  Romeine 12 hierbo bevestig dit net weer opnuut…  Glo en vertrou…
Blessings!

No comments: