Thursday 3 May 2012

The only way of finding the limits of the possible is by going beyond them into the impossible..." ¬ Arthur C Ward

Haloes! :)
 
The only way of finding the limits of the possible is by going beyond them into the impossible..."  ¬ Arthur C Ward
 
 Ephesians 3:20  
 
"Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us..."
 
Hebreërs 10:23
 
"Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het..."
 
"Once we accept our limits, we go beyond them." - Albert Einstein
 
“You'll know your limits until you try to extend them and even then, one has to break out of his/her comfort zone to appreciate that effort.” ¬ Martin Dansky quotes
 
Limiete...  Ek dink dis iets waarmee ons daagkliks gekonfronteer word...  Daar is spoed limiete, krediet limiete, geduld "limiete" :), maar dan is daar ook die meer figuurlike limiete...  Baie keer stel mense limiete op jou lewe deur hulle woorde, en hulle optrede... Jy glo later die limiete vir jou eie lewe, sonder dat jy regtig agtergekom het die woorde steek vas.  Partykeer kan dit ook wees dat jy jou eie grootste vyand is, met die limiete wat jy op JOUSELF plaas...
 
Ek dink dat soos ons limiete op ons eie lewens stel, tot wat ons in staat is om te vermag, of 'n limiet stel op die tipe mens wat ons kan wees, stel ons baie keer limiete op God se krag, en God se werking in ons lewens...  Ons stel limiete ten opsigte van wat God in ons lewens kan vermag...  Omdat ons net mense is, dink ek vergeet ons dat God ALMAGTIG is.  Hy het Sy seun uit die dood opgewek - na 3 DAE!  Hy het siekes genees...  Hy het lammes weer laat loop...  Lees bietjie Lukas as jy nodig het om aan God se grootheid herinner te word... 
 
God sal eers wonderwerke in ons lewens doen, wanneer ons Hom daarvoor vertrou, en Hom nie "limit" nie...  Ek wil jou ook uitdaag vir hierdie dag en week en maand en jaar...  Ons sal nooit weet tot wat ons als in staat is, as ons net tevrede is met die hier en die nou nie...  Baie keer raak ons so gemaklik in die "mens gemaakte 'comfort zones'" wat ons vir onsself skep, dat ons nie ons groter drome wil najaag nie...  Dit bly maar altyd 'n miskien, of later...  Druk jouself, verder as jou mensgemaakte limiete, sodat jy jou drome kan najaag...  As jy jou beste gee, terwyl God jou kragvoorsiener is, is daar GEEN PERKE aan wat jy kan vermag nie...  Glo in jouself...  Ek weet dat God ook die onsekere tye wat van julle tans beleef, gaan gebruik om vir ons te wys HOE GROOT Hy is, en hoe Hy moontlik is om meer te doen as wat ons gedink het moontlik is...  Vertrou Hom net in hierdie tawwe tye...  Ek weet God het jou bestem vir groot dinge!  En ek WEET Hy wil net die beste vir jou hê!
 
blessings!

No comments: