Sunday 27 May 2012

“Die een wat dankbaar is vir die kleine, sal altyd vind dat hy genoeg het...” ~ Anoniem

Haloes! :)
 
“Die een wat dankbaar is vir die kleine, sal altyd vind dat hy genoeg het...”  ~ Anoniem

1 Tessalonisense 5:16-18

“Wees altyd bly.  Bid gedurig.  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag...”

Verduideliking vanuit die Bybel in Praktyk:  “Jou volgehoue blyskap, gebede en dankbaarheid teenoor God mag nooit afhang van jou omstandighede of jou emosies nie.  Jy moet aan hierdie drie oproepe gehoorsaam wees, al voel dit vir jou asof jy heeltemal genoeg rede hetom dit nie te doen nie.  Jy weet immers dat, wat ookal op die kort termyn met jou mag gebeur, God in beheer is en dat Hy jou bestem het om verlos te word.  Jy weet ook dat Hy jou nooit bo jou kragte sal versoek nie, en dat alles vir jou ten goede sal meewerk.  Daarom kan jy hierdie opdragte uitvoer...” 
 
“Ons vra groot dinge wanneer ons bid en vergeet om vir al die klein dingetjies – of miskien is hulle nie so klein nie – wat ons daagliks ontvang.  Maar hoe kan God groot dinge toevertrou aan hulle wat die kleine nie in dankbaarheid uit sy hand ontvang nie?”  ~ Dietrich Bonhoeffer
 
He is a wise man who does not grieve for the things which he has not, but rejoices for those which he has.  ~Epictetus
 
Ek kan eintlik nie die boodskap beter opsom as die verduideliking uit die Bybel in Praktyk nie!  WOW!!  Hoe baie keer is ons nie skuldig daaraan dat ons houding en ons dankbaarheid bepaal word deur ons omstandighede nie?  Wanneer die groot goed nie in plek val nie, kyk ons baie keer ook die klein goedjies mis...  Iemand het een keer gesê – as ons aan die woord “wonderwerke” dink, wil ons altyd “lewensveranderende” gebeurtenisse of ervarings ervaar of hoor van...  Ons vergeet so maklik dat, net die feit dat ons vandag ons oë kon oopmaak en opstaan, op sy eie reeds ‘n wonderwerk is en iets is om voor dankbaar te wees!   Dat God nog ‘n dag tot ons lewe toegevoeg het, is ‘n wonderwerk en ‘n geskenk!

Dietrich Bonhoeffer se vraag is iets wat ons, onsself kan afvra – is jy dankbaar vir die klein dingetjies – ELKE dag (en daar is elke dag klein goedjies om voor dankbaar te wees!)?  Of raak jy kwaad en ongeduldig wanneer dinge nie wil uitwerk soos JY dit wil hê nie?  AS ons, ons dankbaarheid op emosies basseer, sal ons daagliks rede vind dat ons joy oftewel dankbaarheid te laat steel...  Ek het nou die dag opnuut die boodskap gekry joy en gelukkigheid 2 verskillende goed is...  Gelukkigheid word bepaal deur jou emosies, waar jou joy - 'n innnerlike oortuiging is van dit waarin jy glo...  Ook ons FAITH waaraan ons daagliks vashou...  Plak die verduideliking uit die Bybel in Praktyk vir jou iewers op die week, en lees dit elke keer wanneer jou moed jou wil begewe!  Onthou dat goed WEL ten goede sal meewerk, en dat God jou nie bo jou kragte sal versoek nie!  Wees dankbaar vir sonskyn dae, en kos om te eet...  Dan sal die groot goed stil, stil gebeur, en net nog ‘n groter seën in jou lewe wees...

Sê vandag vir iemand dat jy dankbaar is, om hulle te kan ken, en dat God jou lewe werklik geseën het met hulle daarin...  Of sê vandag vir God dankie, dat Hy nog altyd getrou was, en dat jy jammer is, oor die kere wat jy nie getrou was nie, omdat jy kwaad was oordat dinge nie uitgewerk het, soos jy dit wou hê nie...

Blessings!

No comments: