Friday 18 May 2012

“Courages faces fear and thereby masters it…” ~ Martin Luther King Jr

“Courages faces fear and thereby masters it…”  ~ Martin Luther King Jr
Psalm 62:7
“Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek veilig staan…”
Psalm 31:23
“Toe ek bang was, het ek geroep, ek is afgesny van die Here!  Maar U het na my gebede geluister toe ek na U om hulp geroep het…”
Courage is what it takes to stand up and speak; courage is also what it takes to sit down and listen… ~ Winston Churchill
He is a man of courage who does not run away, but remains at his post and fights against the enemy... ~ Socrates
Ek het ‘n Youtube video – op aanbeveling van my boetie gekyk, en dit het hierdie gedagteki inspireer…  Steve Jones, ‘n Britse atleet, is deur die wêreld vertel dat hy nie sy race sal wen nie…  Die video wys hoe hy heelpad ver voor is, en hoe sy teenstander (wat glo nog heeltyd onoorwonne was), hom dan begin inhaal by die laaste lap…  Dit lyk dan op ‘n punt of hy maar gaan tou opgooi, maar dan skielik, asof hy nuwe lewe kry, asof hy vars bene het, begin hy hardloop asof daar geen môre is nie…  Die video sê dan – “they told him how to run, but not how to lose” en ook – “U can teach a person how to run, but you cannot teach him courage…  Never, never, never give up!” (Link:  One of the most amazing things you will ever see on a running track…”). 
Dit het my laat dink aan hoe maklik dit is wanneer jy jou ore uitleen aan die wêreld, om maar net op te gee wanneer dit lyk of dinge nie gaan uitwerk nie…  Wanneer almal jou vertel dat jy nie kan nie, glo mens dit later!  Jou brein is ‘n magtige wapen…  My een vriend sê baie – “dis mental” (wanneer mens sukkel om dinge baas te raak) en ek is geneig om saam te stem!  Mens dink baie keer negatief, dat jy slegs die negatiewe dinge raaksien en later ook glo!  MOED (of courage), is iets waarmee elkeen van ons gebore word…  As ons nie moed en hoop gehad het nie, sou ons môre in die bed kon bly, omdat ons geen positiewe dinge sou hoop vir die dag van môre nie!   JY moet bereid wees om te veg vir dit waarin jy glo, en vir dit waarvoor jy werk…  God sal jou van die nuwe bene voorsien wat jy nodig het om aan te hou hardloop in die wedloop van die lewe…  Wanneer dit begin voel of jy geen petrol in jou tenk meer het om vorentoe te kan beweeg nie – BID…  God sal jou kom vernuwe deur jou gedagtes nuut te maak!  Deur jou ‘n postiewe uitkyk te gee, en sodoende die struikelblokke in jou pad te minimaliseer, of om oplossings daarvoor te vind!  Om moed te hê, is om baie keer op te tree, alhoewel jy bang is vir wat die uitkoms gaan wees!  Om te vertrou dat God dinge sal laat uitwerk, sodat jy in die proses Sy blessing vir jou sal ervaar!  Ek bid dat jy met MOED sal begin lewe (as jy dit nie reeds doen nie), en dat God jou sal OMBOUL met die seën wat Hy vir jou het!
Blessings!
Anelli**

No comments: