Sunday 3 June 2012

“The bible says “do not fear” 365 times… That’s enough for each day of the year…” ~ Anonymous

Haloes! J
“The bible says “do not fear” 365 times…  That’s enough for each day of the year…”  ~ Anonymous
Ephesians 3:20-21
“Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen…”
Hebreërs 10:23
“Laat ons vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou, Hy doen wat Hy beloof het…”
“Decide that you want it more than you are afraid of it...”  ~Bill Cosby
“Fear is a darkroom where negatives develop...”  ~Usman B. Asif
Foto’s is een van my gunsteling goed in die hele wêreld J  Om dit te neem, maar ook om dit te kyk!  Al ken ek nie eens die mense op die foto’s nie…  Dis vir my so mooi om spesiale tye te kan ervaar deur net na ‘n foto te kyk…  Hulle sê mos – “a picture is worth a thousand words…” Dis lekker om stories te kan uitdink, deur net na die foto te kyk…  Die mense wat saam met my toer, of kuier, weet al – ek het gewoonlik my kamera by my…  Dis partykeer ‘n irritasie – glo ek J, maar dis so lekker om spesiale tye te kan vasvang, en dan “memories” te kan hê waarna jy kan terugkyk…  As jy ‘n professionele fotograaf is, wat jou eie foto’s ontwikkel, het jy ‘n donkerkamer nodig, waar die proses aan die gang gesit kan word…  Die omstandighede moet reg wees, en jy moet die regte materiaal hê daarvoor…
Dit het my laat dink aan die woordjie VREES…  VREES, word gewoonlik ontwikkel, of dit raak groter, wanneer dinge om jou donker is…  Letterlik, en figuurlik J  Wanneer worry jy die meeste?  Wanneer jy in jou bed klim in die aand en nie kan slaap nie?  Wanneer dinge aanhou verkeerd gaan in jou lewe, en jy nie kan sien hoe God vir jou uitkoms kan bring nie?  Ek het verlede Donderdag 4 keer die boodskap gekry dat ons nie moet vrees nie, dat God in beheer is, en vir ons sal sorg…  Die vers hierbo in Efesiërs het ek vanaf ‘n vriendin in ‘n sms ontvang, en vanoggend in die Kerk is dit weereens gepreek…  Ek voel werklik dat dit iets is wat ek met julle moet deel!  Want ek dink VREES is iets wat deel is van elke liewe mens se lewe…  Vrees vir die onbekende…  Vrees, omdat jy nie kan sien wat God se plan vir jou lewe is nie…  Vrees, omdat jy nie genoeg tyd het in die dag vir alles wat jy moet doen nie…  Vrees, omdat jy foute gemaak het, en jy nie weet hoe om aan te beweeg van dit nie…  Vrees, vir eensaamheid…  Vrees, omdat jy nie weet wat die regte besluit is vir jou om te maak nie…  Vrees, vir werkspanning…  Vrees, vir die eksamen…  Vrees vir finansiele onsekerheid…  Vrees vir verbrokkelde verhoudings…  Die lys is eindeloos…  MAAR, God is GROTER, as elke liewe vrees wat ek hier opgenoem het…
Ons het vandag ‘n liedjie in die Kerk gesing en ek wil die woorde vir jou gee vir die week wat voorlê – “Nothing is impossible, You will never fail, our God will make a way…”  Al kan jy nie sien hoe dit moontlik is nie – God sal ‘n pad maak…  Hy het soveel seën wat op jou wag – die vraag is net – deel jy Sy verwagting??  Of het jy ophou glo, droom en vertrou vir dit wat Hy vir jou beplan??  Solank jy FAITH het, is NIKS onmoontlik nie…  God kan die onmoontlike DEUR JOU moontlik maak…  Hy gaan sorg vir jou vir uitkoms met al die dinge waarmee jy so sukkel…  Gee dit net vir Jesus…
Sterkte vir jou week! J

Blessings!
Anelli**

No comments: