Wednesday 26 November 2014

“You cannot expect victory and plan for defeat.” ― Joel Osteen

Haloes! J

“You cannot expect victory and plan for defeat.” ― Joel Osteen

John 16:33

"I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world."

Matthew 19:26 

“But Jesus looked at them and said to them, ‘With men this is impossible, but with God all things are possible.’”

“Running away from a problem, only increases the distance from the solution…  The easiest way to escape from the problem is to solve it…” ~ Unknown

“There are moments when troubles enter our lives and we can do nothing to avoid them.

But they are there for a reason. Only when we have overcome them will we understand why they were there.” ― Paulo Coelho

Voel jy vandag lus vir weghardloop?  Miskien is dinge so deurmekaar, en weet jy net nie wanneer jy weer kop bo water gaan kry nie…  Dis hierdie tyd van die jaar wat die moegheid wil deurslaan, wat die werk te veel is, en die ure hopeloos te min is…  Waar daar nie eers tyd is om te sit en ‘n koppie tee saam met vriende te drink nie… Of miskien is jy dalk finansieël platgeslaan, en kan jy net nie daardie rekeninge laat klop nie…  Die uitgawes raak net al hoe meer hoe verder die jaar aangaan!  Of miskien het jy probleme met jou verhouding, en harder julle probeer om dinge uit te werk, hoe verder word julle net uitmekaargedryf?  Miskien is jy en jou kinders van mekaar vervreem – en niks van daardie selfhelp boeke wil meer help nie…  Dit veroorsaak net probleme, eerder as oplossings…  Miskien het siekte jou onverwags oorval, en sukkel jy om te verwerk wat met jou aan die gebeur is…

Wanneer mens deur moeilike tye gaan, is dit soos om ‘n berg uit te klim… Dit help nie mens kyk na die eindpunt nie, want dit gaan jou moeg maak voor jy begin het…  Al wat jy kan doen, is om dit dag vir dag te vat, en te kyk na die tree reg voor jou…  Kop af, en fokus…  Voor jy weet het, het jy dan die eindpunt van daardie moeilike uitdaging bereik…  Met ons lewens is dit presies dieselfde…  Moenie worry oor dit wat jy nog nie weet nie, of dit wat jy nog nie ‘n oplossing voor het nie…  God het REEDS ‘n oplossing daarvoor!  Al wat jy moet doen, is om te FOKUS om die volgende tree te gee …  God voorsien jou elke dag van genoeg genade en genoeg krag vir DAARDIE dag…  Moenie vandag se krag mors op môre nie…  God sal sorg vir die dag van môre…  Wees jy net getrou, en vertrou!

Blessings!

Anelxx

No comments: