Tuesday 4 November 2014

“Focus on giants – you stumble… Focus on God – giants tumble…” ~ Max Lucado

Haloes! J

“Focus on giants – you stumble…  Focus on God – giants tumble…” ~ Max Lucado

James 1:2-6

“Consider it pure joy, my brothers and sisters, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith produces perseverance.  Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything. If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you. But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind…”

“We are never defeated, unless we give up on God…” ~ Ronald Reagan

“Some days there won’t be a song in your heart…  Sing anyway…” ~ Emory Austin

Ek weet nie wie van julle al bestuur het of saam met iemand gery het, wat in die verkeerde rat ry nie?  Ek dink as ‘n kar kon praat, sou dit gewees het wanneer hy “at the top of its lungs” sal skree – “kry my net in die regte gear!”  Teen ‘n bult uit sal dit sukkel, omdat die krag van die motor nie reg aangewend word nie…  Om in 3e te probeer wegtrek, sal baie meer brandstof neem, aangesien jy harder gaan moet trap om die motor bo uit te kry…  Jy sal meer regkry, deur in ‘n laer rat te probeer wegspring, aangesien jy dan die regte rat, vir die regte “uitdaging” het, tesame met die regte petrolverbruik…

Wat probeer ek vir jou sê?  Dis goed om uitdagings te hê, of doelwitte waarheen jy mik…  Maar om in 3e weg te spring, gaan nie help dat jy gouer jou doelwit bereik nie…  Jy mag dalk net uitbrand voordat jy nog behoorlik weggespring het!  Spring weg met wat jy het, waar jy is…  Sorg dat jy saam met God wegspring – want dan is die doelwit, sommer reeds “within reach”…  Miskien het jy hierdie laaste stukkie van die jaar sonder God begin loop…   Omdat jy kwaad was oor hoe dinge uitwerk, of nie uitwerk nie, of omdat dit vir jou voel dat Hy nie antwoord wanneer jy omhulp roep nie…  Dis nie te laat om Hom te aanvaar of terug te nooi in jou lewe nie!  Wanneer jy met God wegtrek en ry, SAL Hy die dinge in jou lewe in plek laat val…  Ons moet net geduldig wag – God kom altyd terug na Sy beloftes!  Ek dink somtyds as Hy lank vat om ons te antwoord, “toets” Hy ons as’t ware, om te kyk of ons gaan aanhou glo, en aanhou vertrou…  Ons moet egter ook ons deel doen, deur ons sondes te bely, en ons afhanklikheid van Hom te erken…  Ons is net mense, en sonder Hom het ons nie die krag om te FACE wat die lewe so graag uitdeel nie…  In die fliek, Courageous het die een ou gesê hy wil ophou skuldig voel oor iets wat hy verkeerd gedoen het…  Hy het gesê dat hy genoeg “goeie goed” in sy lewe gedoen het, en hy hoop maar dit “outweigh” die slegte…  Die ou met wie hy gepraat het, het vir hom gesê – dis nie hoe dit werk nie…  Wanneer jy sondig, moet jy bid vir God se vergifnis, want alhoewel ons as mens nie oor jou sal oordeel nie, sal God eendag oordeel…  Hy het dit geïlustreer met ’n baie mooi storie…  Dink gou wie een van die mense aan wie jy die naasste is…  Sê maar daardie persoon word vermoor, en wanneer die moordenaar se verhoor kom, sê hy vir die regter:  “hierdie moord is maar een iets wat ek verkeerd gedoen het, maar die res van my lewe het ek net goeie goed gedoen…” As die regter dan vir hom sê – goed, jy is onskuldig, want al die goeie goed, is sterker as die slegte wat jy gedoen het, sou jy dink dis ’n goeie regter of ’n slegte een?  ’n Slegte een natuurlik!  God het vir Jesus Christus gestuur om vir ons te sterf, sodat ons VRY kan wees, en die Ewige lewe kan bekom…  Maak seker dat jy weet jou saak met God is reg…  Dat HY jou hart het, en in en deur jou lewe…  Hy het jou ONEINDIG lief, en jou plekkie is reg daar by Hom, as jy dit wil hê…  Eindig sterk, al was jou begin dalk die laaste tyd in die verkeerde rat weggespring!  God stap saam met jou!!  Hy is reeds in die week wat voor jou lê, en Hy sal Sy Engele opdrag gee om jou te beskerm, waar jy ookal gaan…

Blessings!

Anel xx

No comments: