Sunday 2 November 2014

“When God pushes you to the edge, trust Him fully, because only two things can happen… Either He will catch you, or He will teach you how to fly…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“When God pushes you to the edge, trust Him fully, because only two things can happen…  Either He will catch you, or He will teach you how to fly…” ~ Unknown
 
Mark 11:24
 
“Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”
 
Hebrews 11:11
 
“And by faith even Sarah, who was past childbearing age, was enabled to bear children because she considered him faithful who had made the promise…”
 
“Be encouraged…  Stay on your hustle…  You can’t fail until you quit…” ~ Instagram - Thegoodquote
 
“On particularly rough days when I’m sure I can’t possibly endure, I like to remind myself that my track record for getting through bad days so far is 100%...  and that’s pretty good…” ~ Author unknown
 
Abraham en Sara is vir my twee van die grootste voorbeelde van mense wat standvastig gebly het in hulle geloof, al was die “odds” heeltemal teen hulle…  Dink gou aan Sara…  Sy was al ‘n ou tannie, wat op die stoep gesit het, wie se lewe eintlik al “neusie verby was” in mens-terme, en daar bring God vir haar die boodskap dat sy ‘n baba in die wêreld sou bring?!  Vir ons menslike brein is dit te veel om te verstaan, en tog besluit God dat DIT Sy wil is om vir Abraham en Sara te “bless” met ‘n baba – “in their old age”…  Hy het vir Abraham deur sy hele lewe belowe dat hy die Vader van nasies sal wees…  En ek dink dat beide Abraham en Sara al by moed verloor se vlakte was, die dag toe God vir hulle “deurgekom het” – of as’t ware ‘n baie groot wonderwerk kom doen het…  Ek dink elkeen van ons kan assosieer met Abraham en Sara - hoe ons al gebid het vir sekere dinge, wat net nie vir ons beskore was nie...  In mens terme is daar soveel goed wat moontlik verkeerd kon gaan – Sara was al oud, daar kon komplikasies met die swangerskap gewees het ens ens…  Maar sy en Abraham kies om te wag op God, en geloof in Hom te hê nadat Hy die belofte aan hulle gemaak het… 
 
Hoe skuldig is ons nie daaraan dat ons ongeduldig raak om te wag op God nie??  Hoe ons baie keer ophou glo, net omdat dinge vir ons “onmoontlik” lyk in menslike terme??  Ons vergeet baie keer dat God nie op ons standaarde gemeet kan word nie…  Hy is een wat spesialiseer in die onmoontlike…  Wat die onmoontlike, moontlik maak…  Hoe lyk jou situasie vandag?  Is jy tans besig om iets te “face” wat redelik onmoontlik vir jou lyk om te kan deurmaak?  Iets wat jou tap van al jou energie, geloof en krag?  ‘n Situasie waar jy dalk wens dat jy net die tyd kan “fast-forward” sodat jy net kan wakker raak wanneer al die moeilikheid en swaarkry verby is?  Ons is vandag in ons Kerkdiens herinner daaraan dat wanneer mens toets skryf – die onderwyser gewoonlik stil is…  Dit beteken nie dat hulle nie daar is nie – hulle sit en hou oor jou die wag terwyl jy die eksamen aflê…  Maar hulle verwag dat jy sal terugval op dit wat hulle jou geleer het…  Hou vas aan God se woord, en Sy beloftes…  Hou aan om te bid – en om God te vertrou…  Daar is soveel plekke in die Bybel waar God die onmoontlike, ‘n moontlikheid gemaak het…  Hy sal jou nie teleurstel nie…  Hy sal jou deur hierdie moeilike tyd kry wat jy tans deurmaak…  Vat dit net dag vir dag, en sorg dat jy dit daagliks saam met Hom aanpak…  Vertrou Hom en laat Hom toe om jou om te boul met sy wonderwerke…  “If God brings you to it, He WILL get you through it!!”
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: