Monday 10 November 2014

“Life is really simple, but we insist on making it complicated…” ~ Confucius


Haloes! J
 
“Life is really simple, but we insist on making it complicated…” ~ Confucius
 
Matthew 17:20 
 
“He said to them, “Because of your little faith. For truly, I say to you, if you have faith like a grain of mustard seed, you will say to this mountain, ‘Move from here to there,’ and it will move, and nothing will be impossible for you.”
 
Mark 10:52 
 
“And Jesus said to him, “Go your way; your faith has made you well.” And immediately he recovered his sight and followed him on the way…”
 
“Life is not a problem to be solved, but a reality to be experienced…” ~ Soren Kierkegaard
 
“We must be willing to let go of the life we have planned, so as to have the life that is waiting for us…” ~ E. M. Forster
 
In ‘n werksonderhoud, is een van die gewildste vrae: “Waar sien jy jouself oor 10 jaar?”  As jy gou in jou skoene gaan staan van 10 jaar gelede – is jy nou waar jy gedink het jy gaan wees?  Is jy beter af as wat jy gedink het?  Of is dinge totaal en al ‘n ander prentjie as waarvoor jy gehoop het??  Die realiteit is, dat ons baie selde kan beplan wat met ons gaan gebeur en hoe ons daarop gaan kan reageer…  Mens het gewoonlik soveel planne oor “as dit gebeur, sal ek so reageer…”  Maar wanneer mens knie-diep, “die lewe” doen, kom mens agter dat die mens soveel planne kan maak soos wat hy wil, maar dat die Here op die ou end besluit hoe, wat en waar dinge moet gebeur…
 
Miskien het jy die afgelope 10 jaar bereik wat jy wou…  Miskien het die lewe jou verras, en het dit ‘n totale ander pad met jou geloop as wat jy ooit sou kon hoop of dink (dit kan goed of sleg wees)…  Miskien was hierdie afgelope 10 jaar vir jou ‘n harde pad, en wens jy dat sommige van die keuses wat jy uitgeoefen het – dat jy dit kan teruggaan en weer probeer…  Iemand in my bybelstudie het nou die aand ‘n wysheid kwytgeraak, en gesê – miskien as jy sou kon teruggaan, en jy die ander keuse gemaak het, sou jy nog slegter af gewees het as wat jy jouself nou sien…  Ek glo dat God aan elkeen van ons keuses gee, en daar waar ons dalk die verkeerde keuses maak, gebruik Hy dit om ons uiteindelik weer op die pad te kry, wat Hy vir ons bestem het…  Maar somtyds gebeur daar ook dinge, waaroor ons geen beheer het nie, wat ons timmer en kneus, maar wat ons as ‘n sterker mens anderkant uitkry…  Die belangrikste om te onthou, is dat geen trial waardeur jy gaan, groter sal wees as jou God nie…  Hy stap saam met jou – in goeie en slegte tye…  Hy sal jou dra, daar waar jou voete nie verder wil stap nie…  Soos Psalm 91 sê – Sy Engele sal jou bewaar, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip stamp nie…  Kies die LEWE…  Saam met God sal jy elke besluit – goed of sleg kan hanteer, en kan gebruik om van jou die mens te maak wat God jou bestem het om te wees…
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 

No comments: