Monday 3 November 2014

“The scripture says: “Against all hope, Abraham kept on hoping in faith… Even when you don’t see any way your situation could work out, keep saying, Lord thank you that today is my day!” ~ Joel Osteen

Haloes! J
 
“The scripture says: “Against all hope, Abraham kept on hoping in faith…  Even when you don’t see any way your situation could work out, keep saying, Lord thank you that today is my day!” ~ Joel Osteen
 
2 Corinthians 12:9-10
 
“But he said to me, "My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness." Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ's power may rest on me.  That is why, for Christ's sake, I delight in weaknesses, in insults, in hardships, in persecutions, in difficulties. For when I am weak, then I am strong…”
 
Habakkuk 3:19

“The Sovereign LORD is my strength; he makes my feet like the feet of a deer, he enables me to go on the heights. For the director of music. On my stringed instruments…”
 
“Don’t say ‘there is still time’ or ‘maybe next time’… because there is also the concept of “it’s too late…” ~ Unknown
 
“My heart is at ease, knowing that what was meant for me will never miss me, and that what misses me was never meant for me…” ~ Unknown
 
Ek wil vandag weer vir Abraham gebruik as ‘n voorbeeld van iemand wat vasgehou het aan God se beloftes – selfs toe daar GEEN kans op uitkoms meer was nie…  Die seun vir wie Abraham sy hele lewe lank gewag het, vra God toe as ‘n offer vanaf Abraham…  Dit is iets wat vir meeste van ons nie sal sin maak nie…  Maar soos baie moeilike tye in die lewe wat ons moet deurmaak – is daar nie altyd antwoorde voor nie…  Abraham se geloof was egter SO sterk, dat Hy God nie bevraagteken het nie…  Hy het vertrou dat God ‘n plan gehad het met dit wat aan die gebeur was…  En Hy het op God se tyd gewag…
 
God stel toe weereens nie teleur nie…  Ek dink as ek Abraham was, sou ek bitter bekommerd gewees het as ek al ‘n ent weg teen daardie berg uitwas…  Hoe sê jy vir jou kind, dat hy die offerhande is??  Abraham het egter rustig gebly, en aan Isak gesê dat God sal voorsien…  Dat Hy sal sorg wanneer die tyd reg is…  En gedurende die 13e uur, stuur God toe ‘n lam wat Abraham kon offer…  Wat probeer ek vandag vir jou sê?  Dat maak nie saak WAT jy face op hierdie stadium van jou lewe nie – wag op God en Sy tyd…  Moenie paniekbevange raak, wanneer dinge anders verloop as wat jy sou hoop nie…  God sal jou nie in die steek laat wanneer jy Hom nodig het nie!!!  Daarvoor het Hy jou eenvoudig TE lief!  Of dit nou is dat jy finansieël sukkel, of dat jou verhouding deur ‘n “rocky” fase gaan of miskien sukkel jy om iets te verwerk wat in jou lewe gebeur het?  Miskien staar jy siekte in die gesig en weet jy nie lekker watter kant toe nie, of miskien tref rampe jou net waarookal jy gaan…  Miskien is jy op hierdie oomblik kwaad vir God, omdat jy nie kan verwerk wat jy op die oomblik moet deurmaak nie – hoe dit ookal sy…  Hy bly getrou!  Hy het jou oneindig lief, en Hy sal jou NOOIT, maar nooit los nie…  Al gee die berge pad – Hy sal ALTYD vir jou daar wees…  En Sy timing is nooit uit nie!  Mens gaan dikwels deur jou donkerste tye, voordat jy jou grootste deurbrake en testimonies beleef…  Hou vas aan God en Sy woord – en mag Abraham vandag weereens vir jou inspireer en bemoedig…
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: