Tuesday 25 November 2014

“Sometimes the questions are complicated, and the answers are simple…” ~ Dr Suess


Haloes! J
 
“Sometimes the questions are complicated, and the answers are simple…” ~ Dr Suess

Mark 5:35-36 
 
“While he was still speaking, there came from the ruler’s house some who said, “Your daughter is dead. Why trouble the Teacher any further?” But overhearing what they said, Jesus said to the ruler of the synagogue, “Do not fear, only believe…”
 
Numbers 23:19 
 
“God is not man, that he should lie, or a son of man, that he should change his mind. Has he said, and will he not do it? Or has he spoken, and will he not fulfil it?”

“You cannot do anything about the length of your life, but you can do something about it’s width and depth…”  ~ Shira Tehrani

“Every single one of us can do things that no one else can do - can love things that no one else can love. We are like violins. We can be used for doorstops, or we can make music. You know what to do…”  ~ Barbara Sher

Het jy al geskenke gekry waarvan jy nie gehou het nie??  Ek is seker elkeen van julle het al!  Wat het jy daarmee gemaak?  Op ‘n rak iewers gesit, in ‘n kas weggepak, gaan teruggee vir die winkel of dit gebruik?  Ek dink dat daar baie min mense is, wat iets sal gebruik waarvan hulle nie hou nie…  Jy sal eerder die dinge dra of gebruik waarvan jy hou, en wat jou laat goed voel oor jouself, nie waar nie?

Ons lewens is baie keer dieselfde!  Wanneer jy deur ‘n moeilike tyd gaan, of groot uitdagings op jou pad ervaar, “parkeer” jy baie keer jou lewe…  Jy trek in die parkeerplek in, en sit en wag dan vir die moeilikheid om verby te gaan, of om net deur dit te kom…  As jy onder ‘n waterval staan, of binne in ‘n rivier, en jy staan net doodstil, SAL die stroom jou meesleur!  Dis ‘n gegewe!  Net so, wanneer jy gaan stilstaan wannner die lewe moeilik raak, en tye ondraaglik, is dit BAIE MAKLIK dat jy gaan vergeet om weer te beweeg…  Jy kan dalk in die parkeerarea gestationeer bly, en wanneer jy jou oë uitvee, op ‘n GROOT deel van jou lewe uitgemis het, omdat jy nie wou deurdruk en saam met God die moeilikheid FACE nie…

Uit moeilike situasies kom daar ALTYD ‘n stukkie seën vir jou!!  God sal jou nie onnodig of sonder rede deur tawwe tye laat gaan nie!  Daar sal altyd ‘n method in the madness wees…  Om ‘n vol lewe te hê, kan ons nie in die parkeerarea gaan stop nie…  Jy moet aanhou ry, God sal jou voorsien van die petrol wat jy nodig het om aan te gaan!  VERTROU op God!  Psalm 37:5 -  “Vertrou jou lewe toe aan die Here…  Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg!”  Lewe SO dat jy oor niks sal spyt wees eendag nie!  Waag kanse, kry seer – ten minste sal jy dan nie vir altyd lewe met ‘n “wat as ek maar” uitkyk nie…  Waardeer die mense waarmee God jou seën – die lewe is kort!!  Spreek NOU sagte woorde, sê nou jy is lief, waardeer NOU…  Life is too short for regrets... :)

Blessings!
 
Anel xx

No comments: