Thursday 13 November 2014

"When God has called you to wait t is because what he is doing during the waiting time is necessary for the best outcome..." ~ Unknown

Haloes! :)
 
"When God has called you to wait t is because what he is doing during the waiting time is necessary for the best outcome..." ~ Unknown
 
Psalm 20  (some verses)
 
"In times of trouble, may the Lord answer your cry...  May the name of God keep you safe from all harm, may he send u help from His sanctuary and strengthen you from Jerusalem...  May He grant you, you heart's desires and make all your plans succeed...  May the Lord answer all your prayers..."
 
Numeri 6:24-26
 
"Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees...  Die Here sal jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee..."
 
"God sal nooit toelaat dat jy enige moeilikheid ondervind as Hy nie spesifieke doel daarmee het en jy groot seën uit die beproewing sal ontvang nie..."  ¬ Peter Marshall
 
"Wanneer jy God opreg bedank het vir elke seën wat jou toeval, sal daar weinig tyd oorbly om te kla..."  ¬ Hannah Moore
 
God wil JOU seën...  Moenie nou outomaties dink - ja anel, ek weet jy skryf dit vir al die ANDER mense wat hierdie lees...  Ek wil vir jou kom sê, liewe vriend, vriendin of iemand wat ek nog nooit onmoet het nie - God wil vir JOU (sit jou naam in) SEën...  Ek bid vanoggend Psalm 20 oor jou lewe...  Dit was vir my so 'n groot blessing toe ek dit laas week ontvang het, dat ek nie anders kan as om dit met jou te deel nie...
 
God is in beheer - Hy hoor jou wanneer jy bid...  Hy omvou jou met Sy liefde en Sy guns (al voel dit party dae nie so nie), wanneer jy by die werk is of met jou dagtaak besig is...  Hy plaas Sy engele elke aand om jou huis wanneer jy gaan slaap om jou te bewaar teen enige gevaar...  Hy sal getrou bly...  Iemand het nou die aand die mooiste beeld gebruik - "soos wat ons die beste vir ons kinders sal wil hê, en nie leë beloftes aan hulle maak - wat ons nie gaan deursien nie, kan ons weet dat God nie beloftes aan ons sal maak, wat Hy nie sal nakom nie..."  Dinge kom dalk met 'n ompad - maar God sal sorg dat die seën wat Hy vir jou beplan, oor jou uitgestort sal word...  Lewe met afwagting!!  En BID daarvoor...  Mag God jou vandag styf vashou en bewaar teen ALLE negatiewe dinge wat jou dalk mag oorval...
 
blessings!!
 
anelxx

No comments: