Monday 17 November 2014

“Whenever you find yourself doubting how far you can go, just remember how far you have come… Remember everything you have faced, all the battles you have won and all the fears you have overcome… You can do it!” ~ Unknown

Haloes! J

“Whenever you find yourself doubting how far you can go, just remember how far you have come…  Remember everything you have faced, all the battles you have won and all the fears you have overcome…  You can do it!” ~ Unknown

Exodus 14:14

“The Lord will fight for you and you can be still…”

John 4:4

“I am equipped for victory…”

“Strength does not come from what you can do…  It comes from overcoming the things you once thought you couldn’t…” ~ Rikki Rogers

“Why do we close our eyes when we pray, cry, kiss or dream? Because the most beautiful things in life are not seen but felt by the heart…” ~ Denzel Washington

Soos julle al seker oor die jare agtergekom het, LOVE ek sport!  En iemand wat vir my ‘n absolute voorbeeld is van die woordjie “PASSIE” is Heynecke Meyer…  Hy raak so totaal en al meegevoer met die spel, dat hy homself SO inleef daarin, dat jy sy gemotiveerdheid, passie en determinasie kan SIEN!  Die harde realiteit van die spel, is dat hy ALLES kan insit in die “coaching”, maar wanneer daardie 15 spelers uithardloop op die veld, moet hulle dit waaraan hy hulle laat werk het, of dit waarin hy vir hulle leiding gegee het gedurende die week – gaan LEEF, of tentoonstel in hulle spel…  Hy wat die coach is, sit dan op pawiljoen / of in die coaching staff boks…  Al wanneer hulle geleentheid het om te praat is halftyd, of wanneer die coach tussenin spelers “substitute” en hy dan ‘n boodskap saam met die nuwe outjie kan opstuur…

Hierdie beeld het my sommer aan ons lewens laat dink…  God is ons coach…  Sy woord is ons rigtingaanwyser…  En wanneer ons “die Lewe” doen, en op die speelveld is, is ons Coach partykeer stil…  Dit beteken nie dat Hy nie daar is nie…  Hy kyk heeltyd vir ons – dus Hy hou heeltyd oor ons die wag…  Hy is net ‘n gebed ver… Hy kan aan ons antwoorde verskaf op ons gebede deur Sy woord, of somtyds deur mense wat Hy oor ons pad stuur…  Situasies en teleurstellings kom dikwels oor ons paaie…  Ek glo, dat dit ons sterker maak, en ook equip, sodat ons iemand anders sal kan help wat deur soortgelyke situasies gaan…  Die belangrikste ding om net te onthou, is wanneer ons “slam bam” in die middel van die wedstryd is, end it dalk lyk of alles moontlik teen ons gaan, is die belangrikste om te onthou dat God oor jou die wag hou, en net ‘n gebed ver is…  Hy sal jou NIE in die steek laat nie!  Hou aan bid, hou aan vertrou, en speel jou HART uit!

Blessings!

Anel xx 

 

 

 

 

 

No comments: