Sunday 9 November 2014

“Insanity is doing the same thing, over and over again, but expecting different results.” ― Narcotics Anonymous

Haloes! J

“Insanity is doing the same thing, over and over again, but expecting different results.” ― Narcotics Anonymous

Matthew 21:21 

“And Jesus answered them,  “Truly, I say to you, if you have faith and do not doubt, you will not only do what has been done to the fig tree, but even if you say to this mountain, ‘Be taken up and thrown into the sea,’ it will happen…”

Deuteronomy 31:6 

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

“When your confidence comes from God, no matter how unstable things in the world may get, you will always remain rock solid and secure…” ~ Pastor Matthew Hagee

“If you partner with God, Make your plans big!” ~ D L Moody

Een ding wat altyd vir my baie hartseer is in atletiek en swem, is wanneer die atlete of swemmers in die wegspringblokke is, en hulle die “countdown” doen om weg te spring, en een van die atlete of swemmers dalk wegspring voordat die skoot afgaan…  Want doen jy dit twee keer, is jy summier gediskwalifiseer…  Al daardie weke en maande se oefen kan ongedaan gemaak word, deur ‘n sekonde te vroeg te reageer…  Ek dink dit kan baie keer in sulke omstandighede voel asof alles vir niks was…

Gary Kieswetter het gesê: “God weet alles van jou verlede maar dit diskwalifiseer jou nie van jou toekoms nie…” en ook, “jou omstandighede bepaal nie hoe God jou sien nie…” Hoe cool is dit nie??  Want hoe baie sit ons nie in die “wegspringblokke” en reageer ons dalk op iets wat gebeur, net om vir ‘n sekonde nie te dink wat ons doen nie, wat dan maak dat ons later spyt is…  Hierdie besluite kan ons lewens partykeer op ‘n ander roete sit, as die een waarop ons graag sou wou loop…  Of partykeer  probeer ons heeltyd om dinge op dieselfde manier aan te pak, en ons verwag dan om ‘n ander resultaat te kry?  Goeie nuus vir jou vandag, is dat God reeds vir AL my en jou foute aan die Kruis betaal het…  Hy het vir ons ‘n “clean slate” kom gee…  En maak nie saak wat nie, elke nuwe dag wat aanbreek, kan ons weer van voor af begin…  Ons word elke liewe oggend gebless met ‘n nuwe skoon bladsy in ons lewensboek…  Wanneer ons, ons sondes bely, is God regverdig…  Hy sal dit wat in jou verlede gebeur het, nie teen jou hou nie…  Elke dag gee Hy deur Sy genade aan jou, 24 uur om voluit te lewe, om ‘n verskil te maak en om dinge deur Sy krag op ‘n ander manier aan te pak…  Wanneer ons, ons ellelange lyste, of roetines, of werk probeer kafdraf op ons eie krag, kom ons dikwels 2e…  Maar wanneer ons, ons dag met God begin, op ons knieë gaan en ons afhanklikheid van Hom bely, is Hy getrou, en sal Hy aan jou die krag gee wat jy nodig het om alles wat oor jou pad kom, te kan hanteer en te kan verwerk…  God is net ‘n gebed ver!  Mag jy Sy liefde, genade en krag in jou lewe ervaar in hierdie nuwe week, en mag Hy jou omboul met Sy blessings!

Blessings!

Anel xx

No comments: