Thursday 27 November 2014

“FEARLESS is geting back up and fighting for what you want over and over again… even though every time you’ve tried before, you’ve lost…” ~ Taylor Swift


Haloes! J
 
“FEARLESS is geting back up and fighting for what you want over and over again…  even though every time you’ve tried before, you’ve lost…” ~ Taylor Swift
 
2 Kronieke 20:14,17
 
“Moenie bang wees of vir hierdie groot leër terugdeins nie…  Hierdie geveg is nie julle probleem nie…  Dit is ’n saak wat God self sal uitstryk…  Julle sal nie eens hoef te veg nie!  Neem net julle posisies in, dan sal julle kan sien hoe die Here die geveg vir julle wen…  Inwoners van Juda en Jerusalem, die Here is aan julle kant!  Moenie bang of skrikkerig wees nie…  Gaan môre uit, en kyk hoe die Here julle help…”
 
2 Kronieke 20:20
 
“Die volgende oggend het hulle alles reggekry en na die woestyn in die omgewing van Tekoa vertrek…  Terwyl hulle oppad was, het Josafat hulle gestop en gesê: “Luister na my, mense van Juda en Jerusalem…  As julle in die Here julle God glo, sal julle sterk kan staan…  As julle in sy boodskappers glo, sal julle suskes behaal!”
 
“We are twice armed if we fight with faith…” ~Plato
 
“Nobody can hurt me, without my permission…” ~ Mahatma Gandhi
 
Ek dink Josafat moes verskriklik bang gewees het, toe hy gehoor het dar die Moabiete, Ammoniete en Meüniete oppad was om teen hom en die Israeliete oorlog te kom maak…  Hy het egter nie met sy hande in sy hare gesit nie, maar hy het dadelik gebid tot God…  Hy het God geloof en geprys, en bely dat NIEMAND vir God kan wen nie (2 Kronieke 20).  Die Here het Josafat se gebede gehoor, en deur Jagasiël (een van die mans by die vergadering), het Hy Sy antwoord kom gee…  Hy het hulle belowe dat hulle nie hoef bang te wees nie, omdat die probleem van die dreigende oorlog nie hulle s’n was nie – maar God s’n…   Die volk sou nie eens hoef te veg nie – God sou sorg…  Koning Josafat het net daar neergekniel (nog voordat enige iets gebeur het) en God begin loof en prys vir Sy getrouheid…  Die Israeliete het sy voorbeeld gevolg…  Die volgende dag, terwyl hulle oppad was om die oorlog tegemoet te loop (terwyl hul God aanhou loof en prys) het die Here gesorg dat daar onenigheid tussen die Moabiete, Ammoniete en Meüniete uitgebreek het, sodat die drie volke teen mekaar baklei het…  Hulle het mekaar uitgeroei – almal het omgekom!  Toe koning Josafat en die Israeliete op hulle afkom, was daar net ’n klomp lyke…  Daar was ’n geweldige klomp goed wat hulle bymekaar kon maak (klere en waardevolle voorwerpe)…  Dit het hulle ’n volle drie dae geneem om alles wat God aan hulle "gegee het" bymekaar te kon maak!
 
Miskien is daar ‘n “oorlog” wat jy ook tans moet “face”…  Miskien kan jy nie op die oomblik sien HOE jy deur die oorlog, heel aan die anderkant gaan uitkom nie!  Jy het al so baie probeer, soveel kante toe, maar elke keer bevind jy jouself net in nog ’n doodloopstraat…  As God ’n wonderwerk soos hierdie bostaande ene kon orkestreer, KAN Hy ENIGE IETS in jou lewe laat plaasvind…  Ek dink waar ons anders optree as die Israeliete, is omdat ons God smeek vir dinge, maar Hom nie noodwendig prys daarvoor (om dankie te sê dat Hy SAL sorg nie)…  Hy het jou liewer as wat jy jouself het!  Oorlog tye wat jou pad kruis, is daar om jou te toets – of jy op jou eie insigte, of op God se wonderbaarlike genade, krag en hoop gaan staatmaak!  Kom ons begin om Koning Josafat se benadering tot die lewe toe te pas!  Dat maak nie saak WAT gebeur nie, ons sal begin deur God te loof en te prys vir alles wat HY daagliks doen en ook nog gaan doen…  Verder moet ons GOEIE dinge, SPREEK oor ons lewe!  Nie ‘n “miskien” uitkyk hê nie, maar ‘n “wanneer God dit doen” uitkyk!  God is groter as wat enige een van ons OOIT sal kan besef!  Dinge wat menslik gesproke onmoontlik is, KAN deur God ’n waarheid word!  Al wat ons moet doen, is om positiewe, goeie goed te spreek, en soos die Israeliete net daagliks op te staan…  God sal sorg dat jy die oorlog met oorwinning kan “fight”!  Never Give Up!!!
 
Blessings!

Anel xx

No comments: