Sunday 23 November 2014

“Stress makes you believe that everything needs to happen right now… Faith reassures you that everything will happen in God’s timing…” ~ FB Joy of dad

Haloes! J

“Stress makes you believe that everything needs to happen right now…  Faith reassures you that everything will happen in God’s timing…” ~ FB Joy of dad

Mark 11:22-24

“Have faith in God, Jesus answered…  I tell you the truth, if anyone says to this mountain, Go throw yourself into the sea and does not doubt in their heart and believe that it will happen what he says will happen, it will be done for him…  Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”

Luke 7:27

“I will send my messenger ahead of you, who will prepare your way before you…”

“It doesn’t have to be easy…  It just has to be interesting…” ~ Elizabeth Gilbert

“Hardships often prepare ordinary people, for an extra-ordinary destiny…” ~ C.S Lewis

Ek is seker almal van ons was al in 'n situasie waar ons iets baie graag wou hê …  Miskien wou jy baie graag ‘n sekere posisie op jou skool se leerlingraad beklee, miskien wou jy met ‘n sekere persoon ‘n verhouding aanknoop, miskien was daar ‘n bevordering by die werk, of ‘n geliefde of jyself wat siek was wat jy baie graag wou sien beter word…  En maak nie saak hoe jy gebid het nie, was dit net nie vir jou beskore nie… OP DAARDIE STADIUM VAN JOU LEWE NIE… 

As jy gou dink aan kos wat gaar gemaak word…  3 logiese veronderstellings bestaan – as die kos nog nie heeltemal gaar is nie, gaan dit nie kan smaak soos wat dit kan smaak nie – “daardie iets” om dit ‘n absolute wenner dis te maak, sal ontbreek…  As kos te lank gekook het, loop jy die gevaar dat dit “overly done” kan wees – of dalk nog erger – dat dit gebrand kan wees…  Die smaak van daardie dis sal ook nie wees wat dit veronderstel was om te wees nie…  Hoekom praat ek oor kos wat gebrand is??  Want vir die perfekte dis, moet jou bestandele reg wees, die temperatuur waarteen dit gekook word, moet reg wees, en die tyd wat die voorbereiding daarvoor neem, moet in plek wees…  As een van die drie stappe nie daar is nie, kan jy die beste voornemens in die wêreld hê, maar die dis sal nie wees wat dit moet wees nie…  Ons lewens werk dieselfde…  God weet wat Hy vir jou beplan op jou lewenspad…  Waar Hy jou wil gebruik, hoe Hy jou kan gebruik om ‘n verskil in hierdie deurmekaar wêreld te maak…  Wanneer ons bid en vir Sy leiding en wil in ons lewens vra, SORG Hy…  Die aanhaling vandag is vir my baie van pas…  Want ek dink ons almal het al gespanne geraak wanneer dinge nie wil uitwerk soos wat ons wil hê dit moet nie…  Moenie toelaat dat spanning die oorhand van jou kry, wanneer dit vir jou voel asof die dinge nie gebeur vir jou nie…  God weet wat moet gebeur, en wanneer dit moet gebeur en HOE dit moet gebeur, ten einde vir jou ‘n absolute WENNER dis te verskaf!  Moenie oorhaastig raak en met ‘n half-gaar gebak sit of weer op jou louere rus, en gulde geleenthede laat verbygaan, dat jy weer met ‘n gebrande dis sit nie…  Bid dat God aan jou die wysheid sal gee, en vir jou sal wys WANNEER die regte tyd aangebreek het, vir DIT wat moet gebeur vir wat Hy vir jou bestem het… Moenie moed verloor as dit dalk langer vat as wat jou geduld is nie…  Of as jou lewe dalk nie huidiglik verloop volgens die tydllyne wat “die mense” vir jou beplan het nie…  The best things in life are worth waiting for…  Glo, hoop en vertrou - God sal jou nie teleurstel nie...

Blessings!

anelxx

No comments: