Monday 24 November 2014

“We all have challenges, but we make them better or worse by the way we talk about them…” Joyce Meyer

Haloes! J

“We all have challenges, but we make them better or worse by the way we talk about them…” Joyce Meyer

Jeremiah 30:3

“The days are coming,' declares the LORD, 'when I will bring my people Israel and Judah back from captivity and restore them to the land I gave their ancestors to possess,' says the LORD."

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you."

"Jy mis alles van daardie dinge wat jy nooit probeer het nie..."  ¬ Wayne Gretzky

“Nothing endures but change…” ~ Heraclitus

Dink gou vandag...  Watter gebeurtenisse is daar wat die grootste invloed in jou lewe gehad het en jou gevorm het om die mens te wees wat jy vandag is?  Die antwoord van meeste van ons, sal wees - die oomblik toe groot veranderings in my lewe plaasgevind het...  Byvoorbeeld...  Die eerste dag van skool, my eerste vriende, die dag toe ek 'n studierigting gekies het, my eerste verhouding of toe ek verloof geraak en getrou het, toe ek 'n baie spesiale vriend, of vriendin verloor het, die dag toe ek met siekte gekonfronteer is, die dag toe ek vir die eerste keer sukses gesmaak, of mislukking ervaar het...  Almal van ons het al een van hierdie veranderings ervaar...  Heraclitus het die spyker op die kop geslaan - want al hierdie tipe gebeurtenisse, is wat kleur aan ons lewens gegee het...  Wat van ons die mense gemaak het wat ons vandag is...

Mens besef gewoonlik eers die waarde van sekere goed, wanneer jy dit eers verloor het...  Maar ook, dit is wat jou karakter bou, en vir jou 'n leier - iemand met meegevoel en deernis maak, om ander mense, wat met soortgelyke veranderinge gekonfronteer word, te kan help en bystaan...  Wayne Gretzky se aanhaling is iets wat ons almal hier aan die einde van 2014 moet onthou, en hopelik verkeerd bewys!  Moenie uitmis op dinge, omdat jy te bang is om 'n verandering te maak nie...  Groot geleenthede kom, maar hulle gaan net so vinnig verby, as jy nie gereed is, om hulle te benut nie...  En al hoe jy gereed kan wees om groot veranderinge aan jou lewe te maak, is om Jesus se hand vas te hou, dat Hy jou sal lei met jou besluitneming, sodat die besluit wat jy neem, vir jou van die grootste waarde kan wees...  Moenie "settle" vir tweede beste, en uitmis op alles wat God nog vir jou het, of wat jy nog nooit probeer het nie...  Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer gedoen?  Moenie net daaroor dink en tob nie… Soos Nike se slagspreuk sê: "Just do it..."  Moenie eendag spyt wees, op dit waarop jy uitgemis het, omdat jy nie daardie verandering wou maak nie...  Ek het 'n status update van iemand op Facebook gesien wat sê: "Your legacy should be that you made it better than it was when you got it..." :)

blessings!

Anel xx

No comments: