Haloes! J
Anel xx
“Sometimes the bad
things that happen in our lives put us directly on the path to the best things
that will ever happen to us…” ~ Unknown
Colossians 1:11-12
“being strengthened with all power according to his
glorious might so that you may have great endurance and patience, and
joyfully giving thanks to the Father,
who has qualified you to share in the inheritance of the saints in the kingdom
of light…”
James 1:12
"Blessed is the man who perseveres under trial, because
when he has stood the test, he will receive the crown of life that God has
promised to those who love him..."
“To change our lives, we must first change our minds…” ~ Dani Jay
“God allows
problems in your life not to drown you, but to cleanse you…” ~ Pastor John
Hagee
Ek
het ‘n preek gekyk op Hillsong TV… Aan die einde van die
preek, is daar gewoonlik ’n getuienis van iemand wat gegee word… Die
vrou wat getuienis gegee het, het haar lewensstorie vertel… Sy was
getroud, en dinge het net anders uitgewerk as wat sy OOIT kon droom, want na ’n
kort rukkie se getroud wees, het haar en haar man se paaie geskei – baie
onverwags… Sy vertel hoe sy sit en Bybelstudie doen, en hoe sy toe dink
aan Jeremiah 29:11… “For I know the plans I
have for you… Plans to give you hope and a future…” Sy het vertel dat sy vir 'n
lang tyd gewonder het - waar is hierdie vers NOU?? HOE kan dit dan waar
wees van haar lewe? Hoe kan Hy sê dat Hy goeie goed vir haar beplan, maar
dat slegte goed dan gebeur met haar? Sy vertel verder dat sy toe Jeremiah
29:11 in ’n ander vertaling gaan lees het – die King James Version, soos hierbo
aangehaal. En in daardie vers het God haar aandag gevestig op die laaste
deel – Hy wil vir haar an EXPECTED END gee… Sy sê hoe sy besef het
dat daar soveel dinge in haar lewe was wat ’n unexpected end gehad het, en dat
dit die Here se manier was om haar voor te berei vir dit wat voorlê…
Dit het vir haar nuwe HOOP kom gee… Want al was die dinge
deurmekaar, al het sy nie geweet hoe om sin te maak uit al die slegte goed wat
met haar gebeur het nie, het God vir haar kom hoop gee met die feit dat Hy gesê
het – die dinge wat in haar lewe gebeur het, is om vir haar sterk te laat
eindig… Om nie define te word deur haar omstandighede nie, maar omdat Sy vir
God as haar basis het, te laat opstaan en te LEEF… Elke oomblik…
Miskien
kan jy dalk aanklank vind by hierdie vandag… Miskien is Jeremia 29:11 een
van jou gunsteling verse, en is dit die hoop waaraan jy vashou, maar miskien
werk dinge heeltyd anders uit as wat jy gehoop / geglo het… Miskien voel
jy hopeloos, sonder ’n verwagting vir jou toekoms en voel jou drome soos iets
wat baie ver weg lê… Jesus is met jou – met elke tree wat jy gee!
Al is daar dinge aan die gebeur in jou lewe wat jy nie verstaan / wat nie sin
maak vir jou nie, kan jy aanhou vertrou, want Jesus belowe Hy sal met jou wees
en jou STERK laat eindig! Hy wil net goeie dinge vir jou hê! Maar dink
gou aan ’n TV-speletjie – vir jou om ‘n “level” klaar te maak, moet jy sekere
take verrig, en sekere hindernisse of groot uitdagings oorkom… Dit werk
dieselfde met die lewe… Om deur verskillende seisoene te kom, verg dit
dat ons sekere uitdagings moet FACE, hanteer en deur dit werk… Ons hoef
dit nie op ons eie te doen nie, want Jesus is elke oomblik by ons… Waar
dit jou drome aangaan – daar is GEEN tyd soos NOU om dit na te jaag nie… Ons
is die outeur van ons lewensstorie, en ek glo Jesus hou Sy hand oor ons soos ons
besig is om daaraan te skryf… Moenie dat ander MENSE jou lewensstorie
dikteer nie… Dit gaan oor JOU en GOD… Solank dit in plek is, en jy
GELUKKIG is, maak niks anders saak nie… Dis iets wat ek glo Jesus vir
elkeen van ons wil hê – GELUK… En as jy weet wat jou gelukkig gaan maak –
JAAG dit na! Moenie sit en wag vir dit om na jou te kom nie… Om ’n
mens se drome te bewaarheid, gaan verg dat jy hard moet werk, en jou alles
gee… Maar jy kan rus in die wete – Jesus sal jou support as dit in Sy wil
vir jou lewe is… Bid daaroor! God het ’n manier om dinge net op ’n
wonderbaarlike wyse in plek te laat val wanneer jou drome in lyn is met Sy wil vir
jou lewe… Ek bid dat Jesus jou sal seën… Ek’t my gunsteling seëngebed vir jou
vandag - “Mag Jesus jou seën en jou beskerm… Mag Hy tot jou
redding verskyn en jou genadig wees… Mag die Here AL jou gebede verhoor
en aan jou Sy vrede gee… (Numeri 6:24-26)
Blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment