Thursday 26 September 2013

"What would you do if you knew you could not fail?” ~ From the movie New Years Eve

Haloes! J

“What would you do if you knew you could not fail?” ~ From the movie New Years Eve

Psalm 125:1

“Those who trust in the Lord are like Mount Zion, which cannot be shaken, but endures forever…”

Matthew 6:33-34

“Seek first the Kingdom of God and His righteousness and all these things shall be added to you…  Therefore, do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about its own things…  Sufficient for the day is its own trouble…”

“The scariest moment is always just before you start…” ~ Stephen King

“You block your dream, when you allow your fear to grow bigger than your faith…” ~ searchquotes.com

Wat is die “iets” wat jy ongelooflik graag wil doen of aanpak?  Miskien is daar ‘n land wat jy baie graag wil sien of ‘n toer wat jy baie graag wil doen, ‘n besigheid wat jy wil begin of ‘n huis wat jy wil koop, maar op die oomblik staan die probleem van finansies in jou pad…  Miskien is daar drome wat jy droom, maar in jou hart weet jy – dit sal altyd net drome bly…  Ek wil jou vandag vra – hoekom?  Hoekom moet iets wat jy baie graag wil hê net ‘n droom bly?  Omdat jy bang is jy gaan misluk en tyd en energie mors?  Omdat jy nie weet HOE en WAAR en WANNEER nie??  Daar is baie dinge wat in ons pad kan staan om ons drome te bewaarheid…  En ek dink baie keer het ons net nie die moed om te begin nie…  Ons begin later al die dinge wat in ons pad staan as verskoning te gebruik om nie eens te probeer nie, want ons gee op nog voordat daar kans is dat ons teleurstelling kan ervaar…

“What would you do if you knew you could not fail??”  As daar NIKS was wat jou keer nie – geen beperkings nie – net GROOT MOONTLIKHEDE??  As jy dit geïdentifiseer het wil ek jou uitdaag – “Now go out and DO it…”  Al het jy nie fisiese hulpbronne op hierdie oomblik nie, maak dit ‘n gebedsaak en vertel God van jou drome, ideale en dinge wat jou opgewonde maak…  Moenie dat iets soos “bang wees” in jou pad staan nie…  Wanneer ons eendag op daardie ouetehuis se stoep sit, moet ons kan stories vertel oor hoe ons, ons drome nagejaag het, somtyds sukses gesmaak het, maar ook somtyds mislukking…  Want ons is nie gewaarborg dat alles wat ons aanpak suksesvol sal wees nie, maar ons is gewaarborg dat ons WEET saam met WIE ons stap terwyl ons dit aanpak…  En Hy sal jou NOOIT, maar NOOIT alleen los nie…  Hy sal jou ondersteun, moed inpraat deur Sy woord of medegelowiges ens wanneer ons nie lekker weet watter kant toe nie…  Hy sal daar wees om jou op te tel wanneer jy dalk mag val, en Hy sal daar wees om saam met jou fees te vier wanneer daardie drome bewaarheid word…  As jy wys dat jy bereid is om hard te werk ten einde jou drome te bewaarheid, sal God sorg dat die groot goed, volgens Sy wil, op die regte tyd in plek val!  Wanneer dinge nie uitwerk soos jy wou hê nie kan jy weet – God het vir my iets beter!!  Ek moet net vashou aan Sy woord, en Sy beloftes…  Soos ‘n reënboog na stormweer kom, so SAL daar vir jou uitkoms kom wanneer jy moeilike tye ervaar…  Ek weet ek sê dit baie, maar ek dink nie ons besef altyd HOE kort ons tyd hier op aarde is nie…  Mens word altyd eers daarvan herinner wanneer God van Sy engele wat in ons lewens is, kom haal – voordat ons daarvoor reg was…  Moenie altyd WONDER oor wat kon gewees het nie…  Dit KAN – God glo in jou – ek glo in jou…  Daai droom is nie verniet in jou hart nie – moenie “BANG wees” toelaat om die rede te wees dat jou droom nie vervul word nie…  Sit vir jou doelwitte uit – bid daaroor, en laat toe dat God vir jou die pad wys wat jy moet inslaan…  God is groter as ENIGE onmoontlikheid!!

Blessings!

Anelli**

 

No comments: