Haloes! :)
"Onmoontlik is 'n woord
wat net in die woordeboek van dwase aangetref
word..." ~ Napoleon Bonaparte
Samuel 1:10-11, 17; 2:1-2
"Sy het tot die Here
gebid en terwyl sy vreeslik huil, het sy 'n belofte gemaak. Sy het gesê:
Magtige Here, ek is U nederige diensmeisie... As U regtig my moeilike
omstandighede raaksien en my sal onthou en my nie vergeet nie en vir my 'n seunskind gee, sal ek hom vir
sy lewe lank aan U, Here, teruggee... Eli sê toe vir
haar: 'Mag dit met jou goed gaan, en mag die God van
Israel vir jou gee wat jy Hom gevra het... Hannah het
gebid en gesê: 'Ek is opgewonde oor wat die Here gedoen
het. U, Here, het my sterk gemaak. Ek lag as ek aan my vyande dink. Ek is so
bly dat U my gehelp het... Daar is geen god soos U nie. Ja daar is geen God
buiten U nie. Daar is nie nog 'n rots soos ons God nie..."
"
Nie een van God se beloftes is te goed om waar te
wees nie..." ~ DL Moody
"As jy voel jy het misluk, onthou dan wie jy
regtig is, en aan wie jy behoort... Sal Hy wat jou geroep het uit die duisternis, "na sy wonderbare lig", jou dan
halfpad in die steek laat?" ~ Corrie ten Boom
Hannah was kinderloos... Haar man, Elkana, was
liewer vir haar as vir sy ander
vrou Peninna. Om daardie rede het God vir Pennina met
kinders geseën... Peninna het egter vir Hannah gespot oor
die feit dat sy nie kinders in die
wêreld kon bring nie... Dit was Hannah se grootste wens, en gebed om 'n kind te
hê... Ek dink nie dat daar is iets moeiliker is nie - om SO graag iets te wil
hê, en om net geen antwoord op gebed te ontvang nie... Hannah het egter nie
opgegee nie... Hoe langer sy moes wag, hoe meer het sy gebid... En God het hom
nie doof gehou nie - Hy het haar geantwoord, en haar met 'n BAIE spesiale seun
geseën... Omdat sy getrou was, en aanhou glo en bid het - het God aan haar Sy
trou bewys...
Miskien dink jy nou - almal rondom my kry wat hulle
wil hê, en wat hulle van God bid. Dis net ek wat niks ontvang nie... En ek bid,
en ek glo... Of miskien het jy al moed opgegee om te vertrou en te glo...
Hannah moet vanoggend dan vir jou 'n getuienis wees, dat
mens nooit te lank vir God wag om gebede te beantwoord
nie... Daar is geen God, soos die God wat ons dien nie...
As ons getrou is, SAL God voorsien... Soos Napoleon se aanhaling hierbo sê -
Onmoontlik is net 'n woord wat in 'n dwaas se woordeboek aangetref word...
Moenie vir God afskryf of wantrou, as jy nie die eerste keer wat jy bid 'n antwoord kry nie... God WEET wat
Hy vir jou lewe beplan, en jou drome en gebede wil Hy nie
onbeantwoord laat nie...
Ons gebed moet egter nie net 'n "quick
fix" wees nie... Ons moet ELKE dag met God praat, en werk aan ons
verhouding met Hom... En nie net bid wanneer ons iets nodig het nie... Dis nie
waarvoor God daar is nie... Hy wil vir jou 'n Pa wees -
iemand wat vir jou ongelooflik lief is, en iemand wat
deel wil wees van jou lewe - ELKE dag... Maak Hom deel van jou lewe, deur in
gebed met Hom DAAGLIKS te "connect"... En wanneer jy gebid het - laat
dit by Hom... Moenie dan net weer omdraai en SELF oplossings probeer vind vir dit wat jy met Hom bespreek het nie... Wanneer jy bid, is dit soos bv – wanneer jy
jou toetsboek ingee vir die merker… Jy
sit dit in die merker se hande (jy kan niks meer doen ten opsigte van die
vraestel nie)… Deur hierdie beeld wil ek
vir jou illustreer dat jy jou bekommernisse, seer, pyn en sukkel dan
effektiewelik in God se hande plaas wanneer jy bid. Hy sal voorsien - op
maniere wat jy nie eens gedink het moontlik is nie... Glo dit vanoggend!!
Mag jy 'n PRAGTIGE naweek hê!
blessings!
Anel**
No comments:
Post a Comment