Sunday 29 September 2013

“Be thankful for what you have; you’ll end up having more… If you concentrate on what you don’t have, you will never, ever have enough…” ~ Oprah Winfrey

Haloes! J

“Be thankful for what you have; you’ll end up having more…  If you concentrate on what you don’t have, you will never, ever have enough…” ~ Oprah Winfrey

2 Corinthians 12:9

“My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness..”

Isaiah 41:13

“For I am the Lord your God, who takes hold of your right hand and says to you, do not fear; I will help you…”

“Stop saying “I wish…”, start saying “I will…” ~ Unknown

“And once the storm is over, you won’t remember how you have made it through, how you managed to survive…  You won’t even be sure, when the storm is really over…  But one thing is certain, when you come out of the storm, you won’t be the same person who walked in…  That’s what this storm’s all about…” ~ Hanruki Murakaml

Ek het die naweek met ‘n vriend gesels en ons het gepraat oor die verloop van die lewe…  Wanneer mens op skool is, dan wens mens altyd – ai, as ek net Universiteit / College toe kan gaan – DAN, sal my lewe volmaak wees…  Op Universiteit / College – is jou droom weer om net te kan begin werk ten einde geld te verdien…  Wanneer jy uiteindelik ‘n werk het, dan smag jy weer net na die tyd wanneer jy kan aftree en tyd spandeer aan die dinge wat jou lewenspassie is…  Wanneer jy dan uiteindelik aftree, kan jy dalk tot die besef kom dat daar soveel dinge is wat jy nog wou doen, maar waarvoor daar nooit kans was nie, omdat jy altyd die tyd omgewens het en gehunker het na wat jy nie het nie…

Miskien staan jy aan die begin van hierdie week en sien jy OP teen dit wat vir jou voorlê…  Miskien is jy bang vir die week, en sy uitdagings, en wens jy dat jy net ‘n knoppie kon druk ten einde te WEET wat gaan plaasvind…  Een iets wat mens baie keer vergeet is om net DANKBAAR te wees vir dit wat jy WEL het, en om op te hou om vas te kyk aan die dinge wat ontbreek in jou lewe…  Oprah Winfrey se quote slaan die spyker op die kop…  As jy dankbaar is vir wat jy het – sal jy altyd genoeg hê…  Dis wanneer jy begin vaskyk in wat jy NIE het nie, wat jy ALTYD tekort sal skiet…  God SORG vir Sy kinders…  Wanneer jy jou krag, hoop en genade in Sy woord, en Sy liefde vind, sal jy vind dat jy NOOIT tekort skiet nie…  Hy sal jou elke dag voorsien van die nodige krag, moed, hoop en deursettingsvermoë wat jy nodig het om daardie dag deur te sien…  Lewe DAG vir DAG…  Moenie vandag worry oor dit wat moontlik oor ‘n week of ‘n jaar kan gebeur nie…  Die helfte van die spoke wat mens voor die tyd opjaag, gebeur NOOIT nie…  Geniet ELKE oomblik waarmee God jou seën…  Wees lief vir jou familie, en waardeer die vriende waarmee God jou geseën het…  Mens weet nie hoe lank God Sy engele aan jou sal leen nie…  Moenie spyt wees oor woorde wat jy gesê het, of nie gesê het nie…  Mag God aan jou die woorde gee wat jy nodig het om reg te maak waar jy verbrou het, of om te sê wat jy moet sê wanneer jy die geleentheid het…  Al waarvan ons verseker is, is die hier en NOU…  Maak seker dat jy nie so besig is om die tyd om te wens dat jy uitmis op al die seën, liefde en VOL lewe wat God vir jou het nie…

Geniet vandag en wees dankbaar vir die klein goedjies…  Die groot goed sal vanself gebeur...

Blessings!


Anelli**

No comments: