Tuesday 24 September 2013

“To live in fear of the future, because what happened in your past, you’ll end up losing what you have in the present…” ~ Unknown

Haloes! J

“To live in fear of the future, because what happened in your past, you’ll end up losing what you have in the present…”  ~ Unknown

Philippians 4:6-7

“Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and petition and with thanksgiving, present your requests to God…  And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and minds in Christ Jesus…”

1 Peter 5:7

“Give all your worries and cares to God, for He cares about you…”

Reality of FEAR:

“You’re not scared of the dark…  You’re scared of what’s in it…
You’re not afraid of heights, You’re afraid of falling…
You’re not afraid of the people around you, You’re just afraid of rejection…
You’re not afraid of love, You’re just afraid of not being loved back…
You’re not afraid to let go, You’re just afraid to accept the reality that it’s gone…
You’re not afraid to try again, You’re just afraid of getting hurt for the same reason…” ~ Unknown

FEAR has two meanings:  Forget Everything and Run OR Face everything and Rise!  The choice is yours… ~ Unknown

Bang wees…  Dis iets wat elkeen van ons al ervaar het…  Of dit nou was vir die donker, vir toetsuitslae, vir seerkry, vir pyn, vir liefde of siekte – you name it – all of us have experienced it…  Een gemene faktor wat al hierdie situasies in gemeen het, is dat mislukking of onsuksesvol wees aan die orde van die dag is…  Ons is bang dat ons dit “nie sal maak nie” of dat ons hart gebreek sal word – as ons braaf genoeg is om hom op die spel te plaas…  Wat as die behandeling nie werk nie, of wat as ek net nie goed genoeg is nie?  Wat gaan ek doen as dit waaroor ek drome droom, misluk?    Die Reality of FEAR hierbo is een REUSE waarheid…  Dis nie die noodwendig die situasie wat ons bang maak nie – dis die gevolg wat die situasie mag hê… 

Dis hier waar die ander quote NOG ‘n groter waarheid vir ons inhou…  Met alles in die lewe kan ons KIES hoe ons daarop sal en WIL reageer…  Ons kan toelaat dat VREES vir die onbekende – en VREES vir die WAT ASSE, maak dat ons dit eerder veilig speel en niks doen nie…  Ons kan kies om nie te loop waar dit donker is nie, ons kan kies om nie berge uit te klim, of ons horisonne te vebreed nie…  Ons kan kies om nie nuwe vriende te maak, en vriendskappe te koester nie, want netnou stel hulle my teleur en word ek ‘n slagoffer van verwerping…  Ons kan kies om nie lief te hê of liefgehê te word nie – want WAT AS dit nie werk nie??  Ons kan aanhou vashou aan die verlede – want dit WAS goeie tye…  Die harde realiteit is – dis mooi herinneringe om te hê – maar ons LEEF in die HIER en NOU, en ons is NOU hier om NUWE herinneringe te maak waaraan ons eendag kan terugdink…  Of ons kan kies om nie weer te probeer nie, want netnou word ek weer seergemaak, en trap ek dalk in dieselfde slagysters as in die verlede?  Ek is mos nou reeds deur die pyne van al hierdie genoemde situasies…  Wat ons baie keer vergeet wanneer ons VREES inlaat – is dat ons nie “alleen in dit is nie…”  Ons het God wat saam met ons stap – in elke nuwe dag, deur elke donker tyd, in elke nuwe uitdaging, in elke nuwe vriendskap of verhouding en by elke liewe siekebed…  Hy sal ons nie ‘n oomblik alleen laat nie…  Hy is REEDS daar – en Hy sal jou voorsien van die nodige insig, en helderheid van verstand, ten einde besluite te neem wat jou met die GROOTSTE seën uit die situasie te laat loop…  Vir al die dinge wat moontlik verkeerd geloop het – en waar jy seergekry het – glo ek dat mens gewoonlik iets daaruit leer…  Dit gee weer aan ons karakter, wat God sal gebruik om ander mense te inspireer…  Maak nie saak hoe onseker of bang jy voel nie – jou Pa is iemand vir wie NIKS onmoontlik is nie…  Hy is alomteenwoordig en Hy sluimer of slaap nooit nie…  Jy kan dus met ‘n geruste hart gaan slaap – jou Pa hou oor jou die wag…  Moenie dat bang wees jou weerhou van ‘n VOL lewe nie…  My gebed vir jou is dat God jou sal seën en beskerm…  Dat Hy in elke situasie tot jou redding sal verskyn en jou genadig wees…  Dat Hy al jou gebede sal verhoor – en aan jou Sy vrede sal gee…  (Numeri 6:24-26)

Blessings!


Anelli**

No comments: