Wednesday 11 September 2013

"The greater your storm, the brighter your rainbow..." ~ Unknown



Haloes! J
“The greater your storm, the brighter your rainbow…” ~ Unknown
Psalm 46:1-3
“God is our refuge and strength, an ever-present help in trouble. Therefore we will not fear, though the earth give way and the mountains fall into the heart of the sea, though its waters roar and foam and the mountains quake with their surging…”
Psalm 62:6
“Truly he is my rock and my salvation; he is my fortress, I will not be shaken…”
“Die lewe is ‘n muntstuk... Jy kan dit spandeer soos jy graag wil, maar jy kan dit net een keer
spandeer...” ~ Lillian Dickson
“Just know, when you truly want success, you’ll never give up on it. No matter how bad the situation may get.” – Unknown
Is jy besig om te oefen aan ‘n kleedrepitisie vir die “show wat jou lewensstorie uitbeeld” of is jy besig met die“Live performance?” Ons raak baie keer so vasgevang in die malle gejaag van die lewe, dat ons lewe by ons verby gaan sonder dat ons dit agterkom. Ek dink ons“oefen” so hard aan hoe ons wil hê ons lewensstorie moet gaan, dat ons vergeet ons is besig met die “real deal” en dat elke dag, ‘n GESKENK is, ‘n geleentheid om voluit te lewe. Om ons drome na te jaag, om ons lewe oor te gee in God se hande... Ons wens heeltyd dat "as net hierdie een dag verby kan kom, sal dinge beter gaan..." Of, ek moet net deur hierdie werksdag of skooldag kom, DAN gaan dinge beter wees... In die proses mis ons uit op kosbare tye...Wat baie moeilik is om te verstaan, is wanneer ons na ander mense se lewens kyk wat die wêreldse dinge bo God kies, en mens sien hoe goed dit met hulle gaan... Terwyl JY wat VIR God en die Ewige lewe gekies het, so sukkel met versoeking, met teleurstelling, of sommer net met deure van geleentheid wat net toe bly, of wat toeslaan in jou gesig...
Hierbo in Psalm 62:6 is die verduideliking BAIE duidelik dat God jou nie in die steek sal laat tydens jou aardse lewe nie... Dinge mag dalk deurmekaar lyk, asof dit nie gaan uitwerk nie, maar God SAL JOU NIE in die steek laat nie... Hy BRING uitkoms, en antwoorde, al lyk dit onmoontlik... Ons moet net getrou wag... En nie twyfel aan Sy uitkoms wat Hy bring, as dit bietjie langer vat as wat ONS WIL nie... Maar bid vir SY WIL... Die dinge wat vir jou voorlê as jy SY WIL kies, is TE GROOT vir ons klein verstand om te verstaan... Ons Pa WIL ons seën... Ons moet net ons hande en ons harte oopmaak om dit te ontvang... Hou jou emmer gereed om die reën op te vang wanneer die storms uitsak... Moenie die minder lekker tye wegwens nie... Daar kan dalk geleenthede in daardie minder lekker tye versteek wees... Of miskien net kosbare tye, saam met kosbare mense, wat mens dalk nie weer sal terugkry nie... Hier is 'n klein aanhaling onderaan wat ek deur middel van 'n epos ontvang het, moes dit net met julle deel... "Life is too short to worry about stupid things... Have fun, fall in love... Regret nothing, and don't let people bring you down..." ~ Unknown
Blessings!
Anel**

No comments: