Thursday 12 September 2013

“Life is too short to wait…” ~ Unknown

Haloes! J

“Life is too short to wait…” ~ Unknown

Lamentations 3:25 

“The LORD is good to those whose hope is in him, to the one who seeks him…”

Proverbs 3:5-6

“Trust in the LORD with all your heart, And lean not on your own understanding; In all your ways acknowledge Him, And He shall direct your paths.” (NKJV)

“Take every chance…  Drop every fear…” ~ Unknown

“Never allow yourself to be defined by someone else’s opinion of you…” ~ Unknown

Ons lewe in tye waar daar soveel hartseer ons daagliks omring... Mense wat werkloos is, mense wat nie kos het om te eet, of 'n huis het om in te woon nie... Gebroke huisgesinne, gebroke verhoudings... Vriende wat ons seermaak, of mense wat jy gedink het jy kan vertrou, maar wat jou dan verkeerd bewys... Hierdie tipe dinge wat gebeur, kan lei daartoe dat ons ingesteldheid een word wat negatief is, eerder as om die goeie en die positiewe dinge te probeer raaksien...

Ek dink as 'n mens in al hierdie ongelukkigheid vaskyk, sal jy nooit iets hê om oor te glimlag nie... Mens moet jou fokus verskuif na dit wat goed is... Ek het 'n storie gekyk waar 'n ou tannie 'n vriendskap aangeknoop het met 'n ou oom... Die tannie was 'n weduwee, aangesien haar man al baie jare tevore gesterf het, na 'n lang siekebed... Die oom, het ook groot seergkry geken, aangesien sy sielsgenoot, met sy beste vriend weggeloop het... Hulle het dus in mekaar vriende gevind - iemand wat 'n stukkie van hul pyn verstaan het, maar ook iemand wat 'n vriend kon wees teen die alleenheid... Die oom het egter pankreas kanker gehad... Die een karakter vra toe die tannie, HOE kan sy haarself deur hierdie pyn vir 'n tweede keer in haar lewe kon sit? En sy antwoord hom toe met die volgende aanhaling: "A moment, a single moment of true joy, is more powerful than a lifetime of sorrow..."

Ek stem saam met haar... Ons lewe partykeer sulke "beplande" lewens... Dit moet op hierdie tyd gebeur, en as dit nie op die spesifieke tyd plaasvind nie, is ons hele roetine omver gegooi, en is dit sommer 'n slegte dag... God seën ons baie keer SO RYKLIK, sonder dat ons dit eens besef, met die "onbeplande" dinge wat ons pad kruis... Ons moet partykeer net LEEF, sonder om terug te hou, en LEEF sonder om heeltyd ons harte te beskerm teen die "wat asse"van die lewe... Ons is mos baie vinnig om 100 verskonings uit te dink oor hoekom sommige dinge nie sal werk nie, eerder as om net die LEWE ten volle te lewe... Bid dat God jou hart sal oopstel om VREUGDE in alle volheid te ervaar... Dat jy sal oorborrel met lewensvreugde, en dat dit sal wees omdat God die middelpunt van jou bestaan is, die rots waarop jou lewe gebou is, en dat jy Sy seën daagliks in jou lewe - in die klein goedjies! - sal raaksien!! Ons moet ten minste elke dag 1 iets van God se grootheid en seën in ons lewens raaksien, voordat ons saans ons kop neerlê! Partykeer is dit iets waaraan jy jouself moet herinner as die negatiwiteit die oorhand kry... Jou Pa is GROTER as vrees - Hy het dit aan die kruis oorwin... Onthou dit, wanneer vrees jou weer probeer ore aansit :) WAAG bietjie - al kry mens seer in die proses, gaan jy stories hê om te vertel - bewyse van 'n VOL lewe... Doen wat jou GELUKKIG maak en spandeer tyd saam met mense wat positiewe impak het tot jou lewe... Nie mense wat jou seermaak, of moenie dinge doen wat jy "verplig" voel om te doen nie - die lewe is te kort daarvoor!! As mens nooit foute maak nie, kon jy netsowel nie gelewe het nie... En soos ek jou al voorheen gesê het - 'n fout is net 'n fout as jy dit nie kan regmaak nie...

baie blessings!
 
Anelli**
 

No comments: