Wednesday 18 September 2013

“Let perseverance be your engine, and hope your fuel…” ~ H. Jackson Brown Jr


Haloes! J

“Let perseverance be your engine, and hope your fuel…” ~ H. Jackson Brown Jr

Hebrews 3:14

“For if we are faithful to the end, trusting God just as firmly as when we first believed, we will share in all that belongs to Christ…”

1 Corinthians 15:58

“Therefore, be steadfast, immoveable, always abounding in the work of the Lord…  Knowing that in the Lord, your labour is not in vain…”

“If you can’t fly, then run… If you can’t run, then walk… If you can’t walk then crawl…  But whatever you do, keep moving…” ~ Martin Luther King  Jr

“When life get’s you down – you know what you gotta do?  Just keep swimming J ~ Dory (Finding Nemo)

Wie van julle het al sonder petrol gaan staan?  Of wie se motor het sommer net sonder rede opgepak?  Ek dink almal het dit al beleef, of ken iemand wat dit al moes deurmaak…  Ek’t een aand my motor se ligte aanvergeet – net om die volgende oggend by ‘n motor te kom wat absoluut niks wou weet van aanskakel en ry nie…  Dit het tot gevolg gehad dat my motor ge-“jumpstart” moes word, deur kabels en deur gebruik te maak van ‘n ander motor se enjin…  Daarna moes ek vir ‘n omtrent ‘n uur met die motor ry, ten einde die battery bietjie te herlaai…  ‘n Paar uur later – nadat die motor gestaan het, was dit weer dieselfde storie…  Ek moes op die ou end ‘n nuwe battery kry, ten einde die motor te kon gebruik… 

Waarop “loop” jou enjin op die oomblik?  Met vrees?  Bekommernis? Moeg- of tamheid?  Begin jy die dag deur te hardloop, en hou jy dan aan – net om uiteindelik moeg in die bed neer te val?  Of ervaar jy dalk op die oomblik dat jy op moed-verloor se vlakte sit en net nie meer weet watter kant toe, of watse besluite jy moet neem wat jou sal help om vorentoe te kan lewe nie?  Hardloop jy dalk nog op gister en eergister se krag?  Soos wat jy nou sit en hierdie lees, wil ek jou sê – bring alles wat jou so laat jaag, laat moeg voel, laat bekommerd en getap voel – en kom sit dit by die Kruis neer…  Lê dit neer by Jesus se voete vandag en gee dit oor in Sy hande…  Hy sal jou binnekant (enjin) ondersoek, herstel wat herstel nodig het en jou nuwe lewenskrag (petrol vir jou enjin) kom gee – wanneer jy tyd met Sy woord, en tyd in gebed saam met Hom spandeer…  Hy sal aan jou antwoorde gee op die dinge wat jou pla of dit waaroor jy twyfel en miskien wonder – jy moet net vra…  En wanneer dit voel asof jy net teen die dak vasbid, weet verseker – God hoor ELKE woord wat jy vir Hom sê…  Selfs wanneer jy sukkel om te bid – tree die Heilige Gees in vir jou, soos bevestig hier deur God se woord…  In Romeine 8:26-27 staan daar: Ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie in woorde gesê kan word nie...  En God, wat harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges..."  Moenie moedeloos word as jy nie dadelik antwoorde kry op jou gebede nie…  God SAL antwoord…  Dalk nie altyd op die maniere wat ons wil hê nie – maar ALTYD sodat jy die meeste seën uit die situasie kan kry…  Baie keer is dit ‘n blessing in disguise wanneer God nee sê…  Wanneer die antwoord nee is, wees net verseker dat dit is omdat God iets baie beters vir jou het!  My gebed vandag is, dat Hy jou sal kom vul met NUWE krag, dat jy die lewe sal kan aanpak soos ‘n splinternuwe motor, en ‘n propvol petroltenk!  Moenie moed opgee met jou opstandighede nie – BYT vas…  God sal jou BELOON as jy wag op Hom…  Wanneer mens op moedverloor se vlakte sit, is die deurbraak gewoonlik baie nader as wat jy ooit sal kan dink…  Mag God jou werklik seën vandag!

Blessings!

Anelli*

No comments: