Sunday 15 September 2013

“The game isn’t over, until it is over…” ~ Lawrence Peter “Yogi Berra”

Haloes! J

“The game isn’t over, until it is over…” ~ Lawrence Peter “Yogi Berra”

James 1:2-4

“Consider it pure joy whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith develops perseverance…  Perseverance must finish its work so that you may mature and complete, not lacking anything…”

Hebrews 12:1

“Let us throw off everything that hinders and the sin that so easily entangles, and let us run with perseverance the race marked out for us…”

“Perseverance is the hard work you do after you get tired of doing the hard work you already did…”  ~ Newt Gingrich

“Obstacles can’t stop you… Problems can’t stop you… Most of all, other people, can’t stop you…  The only one who stops YOU, is yourself…” ~ Unknown

Hierdie naweek se sport (Springbok en WP rugby), was vir my ‘n absolute voorbeeld van – “the game is not over until it is over…”  Vir die van julle wat nie gekyk het nie – in die WP wedstryd is een van die spelers al in die 35e minuut met ‘n rooi kaart van die veld afgestuur…  Rooi kaart in rugby – beteken dat jy vir die res van die wedstryd die kantlyn sal moet warm hou…  En aangesien ‘n rugbywedstryd 80 minute is, is dit nogals ‘n ondenkbare taak dat jou span vir die oorblywende 45 minute (indien daar geen beseringstyd is nie), met 14 manne teen 15 sal moet meeding…  As elke speler nie 10 keer harder werk om op te maak vir die een speler wat weg is nie – is dit ‘n onmoontlike taak…  WP het egter die naweek gewys dat hulle nie sou toelaat dat een speler se afwesigheid, hul veg en durf sou impakteer nie…   Hulle het “gefight” en as span aangehou en uitgehou vir die laaste 45 minute, en as oorwinnaars uit die stryd getree…


Miskien voel jy ook dat die omstandighede waarteen jy meeding op hierdie oomblik, groter, sterker en meer oorweldigend is as dit waarteen jy jou man kan staan…  Miskien sien jy net onmoontlikheid, oral waar jy kyk…  Dokters se uitsprake oor geliefdes se lewens (of dalk jou eie); gebroke verhoudings, verlies van 'n geliefde, hartseer, pyn, finansiële moeilikheid of gebrokenheid, eensaamheid of doodloopstrate ten opsigte van werksgeleenthede…  Ek het verlede week ‘n aanhaling op Facebook gesien wat sê – “My God is such a gentleman God, He opens doors which no man can close…”  Ek wil jou challenge om dit uit te spreek oor jou lewe en dit te GLO!  God gaan vir jou deure oopmaak wat geen mens sal kan toemaak nie…  God sal sorg vir wonderwerke, daar waar dit net lyk na moeilikheid of onmoontlikheid…  God sal sorg vir herstel in elke liewe aspek van jou lewe waar jy herstel nodig het…  Miskien moet jy soos WP, tans "45 minute van onmoontlike uithouvermoë" deurmaak…  En voel jy lus om eerder net handdoek in te gooi, en ‘n ander dag weer te probeer…  Weet vandag – “the game is not over, until it is over” - of in plein Afrikaans, die lewe is nie verby terwyl daar nog asem in jou longe het nie... God sal jou daardie onmoontlike uithouvermoë gee, wanneer jy jou moegheid, leegheid, pyn en seer in Sy hande sit…  Hy sal jou die vermoë gee, om 10keer harder te kan werk, vir daardie “laaste 45 minute van swaarkry”, sodat Hy op die ou end deur jou deursettingsvermoë die eer kan kry…  Moenie moed opgee nie – jou deurbraak is nader as wat jy dink!  God sluimer nie en Hy slaap nie…  Hy het jou oneindig baie lief, en sal help om uit te hou en aan te hou, lank nadat jou teestanders reeds opgegee het…  Gee jou onmoontlikheid en dit waarvoor jy bid vir ‘n deurbraak, oor in Sy hande…  Hy sal sorg…

Mag God jou uit jou sokkies seen vandag :)

blessings!

anelli**

No comments: