Monday 9 September 2013

"Obstacles are those frightful things when you take your eyes off your goals..." ~ Henry Ford


Haloes! :)

 

"Obstacles are those frightful things when you take your eyes off your goals..." ~ Henry Ford

 

Psalm 27:1

 

"Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees... Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?

 

Habakuk 3:17-18

 

"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in

God my redder..."

 

"As jy voel jy het misluk, onthou dan wie jy regtig is, en aan wie jy behoort... Sal Hy wat jou geroep het uit die duisternis, "na sy wonderbare lig", jou dan halfpad in die steek laat?" ~ Corrie ten Boom

 

"Wanneer God ons op klipperige paaie stuur, sal Hy ons ook van sterk skoene voorsien..." ~ Corrie ten Boom

 

Ek het ‘n hele paar keer in Amsterdam met hoë hak skoene op oneweredige grond geloop (van daardie cobblestone klippe – al die paaie lyk soos dit), waar jou hakskoene maklik kan vassit tussen die klippe…  My werkskoene se hakke het nie baie lank gehou nie – selfs al was ek gefokus! J As ons na die lewe kyk, soos om op te stap op cobblestone klippe, is ons baie keer goed oppad om ons drome na te jaag, of uitdagings aan te pak, maar wanneer ons vir ‘n oomblik net afkyk, in plaas van opkyk kan dit gebeur dat ons “stuck” raak… Dit vat partykeer moeite om weer uit daardie “stuck” posise uit te kom…

 

Wanneer jy jouself dan in daardie “stuck” posise bevind, is dit ook baie makliker om net die probleme raak te sien, eerder as die oplossings, om jouself weer los te kry… As ons vir God in ons lewe het, is daar geen gat te diep om in te wees nie… Hy sal jou voorsien van die regte raad / oplossings of visie wat jy nodig het om te kan vorentoe beweeg… Henry Ford se aanhaling som ook vir my die lewe raakvat op! Wanneer ons ophou fokus op dit waarheen ons oppad is,of as ons nie daagliks vir God ken in ons dagtaak en uitdagings nie, is dit maklik om fokus te verloor… Dan kan probleme sommer maklik jou lewe oorheers en die oorhand kry… Mind over matter, positiewe ingesteldheid, maak nie saak wat nie… Al hoe ons die duiwel laat wen, is wanneer ons toelaat dat hy ons gedagtes met negatiwiteit kom vul… BID, en laat God toe om jou gedagtes daagliks te vernuwe J NIKS, maar NIKS is groter as jou God nie, en daar is GEEN probleme wat GROTER word wanneer ons daarmee neerkniel nie…

 

Blessings!
 
Anel

No comments: